Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Groot pryse op die spel vir entrepreneurs

Entrepreneurs wat groot pryse wil losslaan, het nog tot 31 Mei kans om hulle vir een van die land se groot entrepreneurskompetisies in te skryf.

Willem van der Merwe van die Africa Biomass Company was in 2017 die algehele wenner van Sanlam en Business Partners se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie.

Business Partners en Sanlam se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie word vanjaar die 30ste keer aangebied en die algehele wenner sal pryse ter waarde van R200 000 losslaan.

Verlede jaar se wenner was Willem van der Merwe van die maatskappy Africa Biomass. Dié onderneming is in 2004 gestig en het sedertdien gegroei tot een van die land se voorste spesialiste in ontbossing en die hergebruik van hout.

Van der Merwe se innoverende sake-idee was om sy aanvanklike onderneming, wat ongewenste bome van terreine verwyder het, een stap verder te neem. Die hout word daarna in klein skyfies opgekap en tot biomassa (’n energiebron) verwerk.

Só kon hy ’n bykomende inkomstestroom skep.

“Te midde van ekonomiese uitdagings lewer entrepreneurs soos Van der Merwe broodnodige goedere en dienste aan hul gemeenskappe,” sê Kobus Engelbrecht, woordvoerder van vanjaar se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie.

Engelbrecht sê dit is deurslaggewend om plaaslike entrepreneurs te prys en te beloon vir die werkskepping en vaardigheidsontwikkeling wat hulle teweeg bring.

Vanjaar se kompetisie bied pryse ter waarde van R70 000 per kategoriewenner en R200 000 vir die algehele wenner.

Waardevolle sake-mentorskap word ook gegee.

Kategorieë sluit in: algehele entrepreneur van die jaar, ontluikende sake-entrepreneur van die jaar en klein- en middelslag-sake-entrepreneur van die jaar.

Daar word vanjaar ook ’n eerbewys aan ’n entrepreneur toegeken wat ’n lewenslange bydrae tot die veld gelewer het.

* Die kompetisie se sluitingsdatum is 31 Mei en meer besonderhede is beskikbaar op die webtuiste. 

Meer oor:  Sanlam  |  Business Partners  |  Entrepreneurs  |  Entrepreneur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.