Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Inligting ’n hupstoot vir swart nyweraars
Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid.

Nadat samewerking tussen FNB en die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) dit vir sakeondernemings moontlik gemaak het om gelyktydig ’n onderneming te registreer en ’n bankrekening te open, snoer FNB nou kragte saam met die departement van handel en nywerheid.

Die bank gaan naamlik inligting oor die departement se aansporingsprogram vir swart nyweraars in die vervaardigingsektor op sy webwerf huisves om dit meer toeganklik te maak vir swart nyweraars wat deel daarvan wil word.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, en Kgosi Ledimo, FNB se uitvoerende hoof vir bankwese in die openbare sektor, het die ooreenkoms Dinsdag in Johannesburg onderteken.

Bobby Madhav van FNB sê die bank het die departement genader oor die deel van inligting nadat ’n kliënt hulle gevra het oor steun van die departement vir sy onderneming.

Die oogmerk is om teen Maart 2018 100 swart nyweraars te betrek. Tot dusver is 52 swart nyweraars teen ’n bedrag van R4,5 miljard bygestaan wat volgens die departement tot 9 000 nuwe werkgeleenthede gelei het.

Davies sê daar behoort ’n ommeswaai te wees in die manier waarop finansiële instellings krediet toestaan en in watter kategorieë. Te min krediet word toegestaan aan ondernemings in die vervaardigingsektor, terwyl verbruikersgedrewe bedrywe meer steun ontvang.

Die minister het benadruk dit is nie ’n gegewe dat swart nyweraars wat aansoek doen, noodwendig vir die program gekeur sal word nie. “Self het ek geen sê of invloed oor wie uiteindelik deel in die aansporings nie.”

Om in aanmerking te kom, moet die nyweraars onder meer strategiese en bedryfsleiding in die onderneming verskaf, meer as 50% in aandeelhouding asook beheer hê, in die vervaardigingsektor sake doen met spesifieke verwysing na die fokusgebiede soos vervat in die nywerheidsbeleid-aksieplan, en persoonlike risiko in die onderneming loop.

Maar George Sebulela, sekretaris-generaal van die Black Business Council, het in ’n onderhoud met SAfm gesê soos die ooreenkoms nou daar uitsien, lyk dit of FNB dit eerder gebruik vir toegang tot inligting as vir toegang tot finansiering.

Die departement se program vir swart nyweraars is hopelik die eerste van verskeie aansporingsprogramme wat die departement gaan bied, en wat op dié manier bemark en meer toeganklik gemaak kan word, sê Davies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.