SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Kaapse firma ding mee vir groot internasionale prys
Joshin Raghubar, voorsitter van CiTi.

’n Kaapse onderneming gemik op die bevordering van tegnologiese ontwikkeling in Suid-Afrika, is pas gekortlys vir ’n gesogte internasionale prys.

As finalis staan die Cape Innovation and Technology Initiative (CiTi) die kans om ruim prysgeld van $100 000 (sowat R1,39 miljoen) te ontvang.

CiTi ding mee teen drie ander ondernemings vanuit onderskeidelik die VSA, Indië en Sentraal-Amerika.

Die prys word deur die invloedryke McNulty-stigting geborg. Dit word jaarliks oorhandig aan ’n individu of onderneming wat “entrepreneuriese vernuf en kennis” gebruik in ’n poging om die wêreldwye uitdagings die hoof te bied.

CiTi bestuur verskeie opleidingsentrums in en om Kaapstad waar jong entrepreneurs en tegnoloë kan gaan aanklop vir indiensopleiding en blootstelling aan die bedryf.

Ná die program word hierdie jongmense ook uitgeplaas na gevestigde ondernemings.

As finalis vir die McNulty-prys, ontvang CiTi reeds $25 000.

Sou hulle wen, sal die totale prysgeld dus $125 000 beloop.

Die wenner word deur ’n paneel gekies wat bestaan uit die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Madeleine Albright, en president van die Ford-stigting, Darren Walker.

Bill Gates en Richard Branson het ook al in die verlede op dié paneel gedien.

Afgesien van CiTi is Mothers out Front van die VSA, Milk Mantra van Indië en Vital Voices van Sentraal-Amerika ook op die kortlys.

Die wenner word in November op ’n geleentheid in New York aangekondig.

Sou CiTi wen, sal Joshin Raghubar, voorsitter, die prys namens die onderneming ontvang.

Meer oor:  Entrepreneurs  |  Prys  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.