Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Kleinsake kan met dié 5 wenke lojale kliënte skep

Werkskepping speel ’n kritieke rol in enige land se ekonomie. Kleiner maatskappye in Suid-Afrika is die hardste getref deur die grendeltyd weens die Covid-19-pandemie, en dit het ’n direkte uitwerking op werkskepping in dié tydperk gehad.

Plaaslike ondernemings skep geleenthede vir diegene binne hul gemeenskappe wat nie die nodige hulpbronne het om buite hul dorpe te werk nie. Foto: iSTOCK

Volgens Leànne Viviers, stigter van Mintor, ’n klets-gegronde jeugontwikkeling- en werkskeppingsplatform, is kleiner maatskappye die groei-enjins van ’n ontwikkelende ekonomie.

“Hulle het gesamentlik die potensiaal om groot volumes werk te skep. Werkloosheid in Suid-Afrika is ongelukkig nou meer ’n krisis as ooit tevore en om dié uitdaging nog groter te maak het kleiner maatskappye nie die kapasiteit om ekonomiese druk te hanteer soos groter maatskappye nie,” sê sy.

Die kleiner maatskappye wat steeds floreer, is dié wat kan staatmaak op hul kliënte se lojaliteit, meen Viviers.

“Ondernemings wat nie hierop kan staatmaak nie, loop ’n baie groter risiko om hul deure te sluit en dit sal net bydra tot die werkloosheidsyfer,” sê Viviers.

Wat vir Viviers egter spesiaal is van kleiner maatskappye en hoekom sy hulle ondersteun in ’n persoonlike en besigheidskapasiteit, is die feit dat hulle geïntegreer is met hul plaaslike gemeenskappe. Daar word dus werk geskep vir plaaslikes wat sukkel om korporatiewe werke te kry weens die tekort aan vervoer of kwalifikasies.

“Elkeen van ons het soveel geleenthede om kleiner maatskappye te help om kop bo water te hou en hulle selfs te help groei. Dit is belangrik dat ander klein ondernemings, korporatiewe maatskappye, die regering en verbruikers ’n rol speel hierin.”

Jannie P. Rossouw, uitvoerende sake-adviseur en stigter van Bright Future, sê indien kleiner ondernemings hierdie pandemie wil oorleef, sal die bestuurders en eienaars van hierdie ondernemings ook goed leiding moet neem om die nodige lojale kliëntebasis te bou.

Hy glo dat ons in ongehoorde en vyandige tye lewe. “Dit vra vir ongehoorde aksies van bestuurders van maatskappye. Eienaars moet dus hul kant bring as leiers. Ons moet rigting en hoop bring sodat ons kan inspireer en lei van vooraf.”

Rossouw gee vyf wenke hoe kleiner ondernemings se bestuur beter leiding kan gee gedurende dié tyd.

  • Duidelike rigting: Dit is belangrik om die invloed van die pandemie op maatskappye te verstaan  - watter veranderinge word vereis, watter uitwerking dit gaan hê op hulpbronverdeling en hoe die verlies aan inkomste reggestel kan word.
  • Regte ingesteldheid: Jou ingesteldheid en houding is jou manier van dink of hoe jy voel oor iets. Die glas is of half vol of half leeg. Dit is die outomatiese manier hoe jy reageer op die omgewing waarin jy jou bevind. Dink aan die sneeubal-effek wat ’n leier se negatiewe houding op kliënte, verskaffers en ander kollegas kan hê.
  • Genoeg empatie: Baie mense, insluitend werknemers, gaan deur ’n rowwe tyd weens die Covid-19-pandemie. Baie gesinne wat van twee salarisse afhanklik was, moet nou met een klaarkom omdat iemand werkloos is. Daar is ook baie emosionele uitdagings vir diegene wat geliefdes verloor het. Toon begrip en medelye deur te luister en te ondersteun.
  • Goeie kommunikasie: Oop en opregte kommunikasie kan baie help om mense ’n beter begrip te gee van die eintlike stand van sake binne ’n onderneming. As leier mag jy dalk dink dat jy die las alleen moet dra. Die werknemers is egter diegene wat direk met kliënte en verskaffers werk. Vra gereeld vir werknemers wat hul insae en voorstelle is om uitdagings binne die onderneming die hoof te bied.
  • Groei saam: Kweek ’n kultuur van leer binne die onderneming. Dit mag dalk tyd neem om te ontwikkel, want dit beteken dat nuwe vaardighede aangeleer moet word deur werknemers. Om aanhoudend verbetering te dryf moet in die DNS van elke werknemer wees.


GEBORG

Simply Bee

Simply Bee
Simply Bee

Egte heuning hou soveel gesondheidsvoordele in. Maak seker jy kry die ware Jakob. Simply Bee se produkte is alles 100% natuurlik. Dit bevat byewas, fynbosheuning, byebrood en essensiële olies. Slegs natuurlike bestanddele uit die oorvloedige bronne van Moeder Natuur word ingespan en al die produkte is omgewingsvriendelik. 

Shelley Point

Shelley Point

Verruil die stad vir ’n rustige Weskus-wegkomkans. Shelley Point Hotel & Spa bied nou drie nagte se verblyf teen die prys van twee! Hierdie spesiale aanbod is geldig van Sondae tot Donderdae en sluit heerlike ontbyt in. Bepalings en voorwaardes geld. Bespreek nou jou plek.

The Caves-aftreeoord

The Caves Aftreeoord
The Caves Aftreeoord

The Caves-aftreeoord in Oudtshoorn bied ’n unieke omgewing vir ’n veilige en bekostigbare aftrede. Die deeltitelskema verseker dat jy met gemoedsrus al die geriewe kan benut, en steeds vertroue hê in jou belegging sonder die bemoeienis van instandhouding, herstelwerk en beveiliging. Die oord het ’n volledig ingerigte versorgingseenheid en 24-uur-beveiliging. Met 45 losstaande huise en vier woonstelblokke wat reeds voltooi is, is daar beperkte eenhede nog beskikbaar.  Nuwe woonstelle vanaf R584 000 en huise vanaf R1 595 000 is nou te koop. Oordragskoste en kommissie is ingesluit in die verkoopprys.

RotoTank

RotoTank

RotoTank™ vervaardig poliëtileen (plastiek) water- en chemiese tenks volgens die hoogste standaarde en verseker dat elke RotoTank™ die regte gewig en afmetings vir sy spesifieke doel het. Hierdie plastiektenks van RotoTank™ is toegerus met toeskroefdeksels en toebehore van die hoogste gehalte. RotoTank™ is trots daarop om ’n verantwoordelike, innoverende, betroubare en suksesvolle verskaffer van plastiektenks te wees.

Meer oor:  Promosie  |  Pandemie  |  Wenke  |  Bestuur  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.