Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Koos Bekker: Jou loopbaan gaan oor die reis

Ingenieurs behoort meer erkenning in die Suid-Afrikaanse gemeenskap te kry vir die kernrol wat hulle in ontwikkeling op alle vlakke speel.

Koos Bekker, voorsitter van Naspers se direksie. Foto: Lerato Maduna

Só het Koos Bekker, nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, Donderdagaand gesê toe hy die Suid-Afrikaanse Akademie van Ingenieurswese se 52ste Hendrik van der Bijl-gedenklesing op die kampus van die Universiteit van Pretoria gelewer het.

Die eerste Hendrik van der Bijl-gedenklesing is in 1963 deur dr. M.S. Louw van Sanlam gelewer.

Bekker het gesê ingenieurs speel ook baie groot rol in die ekonomie en hulle moet erkenning daarvoor kry. Die land het ingenieurs op meer vlakke – selfs op regeringsvlak – in die samelewing nodig.

Die Universiteit van Pretoria se departement ingenieurswese wat vanjaar 60 jaar oud is, het in 1985 M-Net – ’n inisiatief van Bekker – gebou.

Bekker, bekend as een van die land se voorste entrepreneurs, het gepraat oor die tien grootste foute wat hy in sy loopbaan gemaak het.

Hy het erken hy het die afgelope 30 jaar talle foute gemaak wat Naspers miljoene rande gekos het.

“As jy suksesvol is, is al wat jy ontdek hoe slim jy is, maar as jy misluk en daaruit leer, kan jy jouself verbeter,” het Bekker gesê.

Wanneer mense met hul loopbaan begin, sien hulle uit na die dag dat hulle iets bereik. Die werklikheid is daar is nie ’n goue pot aan die einde van die reënboog nie.

As jy suksesvol is, is al wat jy ontdek hoe slim jy is, maar as jy misluk en daaruit leer, kan jy jouself verbeter.
Koos Bekker

“Dit gaan nie oor die eindpunt nie, maar eerder oor die reis. Kyk by die venster uit en geniet die reis, en maak foute,” het Bekker gesê.

As hy iets ander sou doen, sou hy minder stategiese beplanning gedoen en meer gefokus het op die uitvoering van planne. “Wanneer ’n slegte onderneming en ’n goeie bestuurder ontmoet, is dit meestal die onderneming wat sy reputasie behou.”

Sy raad aan entrepreneurs is om jouself af te vra watter behoefte van verbruikers kan jy beter en goedkoper bevredig as enige iemand anders.

* Netwerk24 is ’n produk van Media24, ’n filiaal van Naspers.

Oor Hendrik van der Bijl

Dr. Hendrik van der Bijl, wat in 1948 oorlede is, het ’n reuserol gespeel in nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika.

Hy het onder meer ’n groot rol gespeel as voorsitter van Eskom en in die totstandkoming van Yskor in 1928 en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.

Van der Bijl, wat sy doktorsgraad in elektronika aan die Universiteit van Leipzig in Duitsland verwerf het, was ook van 1934-'48 kanselier van die Universiteit van Pretoria. Hy was internasionaal hoog aangeskrewe.

Hy het ook die die nywerheidsdorp Vanderbijlpark gestig wat na hom genoem is.

Familie van Van der Bijl was ook in die gehoor.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.