Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
KYK: Vliegfabriek weer op lys vir skoon tegnologie
Die swart soldaatvlieg (hermetia illucens) is anders as die gewone huisvlieg deurdat dit menslike blyplekke vermy en nie as ’n pes beskou word nie. Dis van sy larwes waarvan AgriProtein die diervoeding vervaardig.

AgriProtein, die Kaapse maatskappy wat vlieglarwes benut om kosafval tot insekproteïen te verwerk, is een van net twee maatskappye uit Afrika wat vanjaar die Global Cleantech 100 lys gehaal het.

Dit is ’n lys van 100 maatskappye wat die beste geposisioneer is om skoontegnologie-uitdagings van die toekoms op te los.

AgriProtein verwerk die insekproteïen tot dierevoer vir vis en pluimvee.

Dit is die derde opeenvolgende jaar dat AgriProtein die Global Cleantech 100 lys haal. Hy was ook een van die Amerikaanse nuustydskrif Time se Genius Companies van 2018.

Hy het met sowat 13 900 maatskappye van 93 lande meegeding vir ’n plek op die Cleantech 100 lys.

’n Werker maak die droër skoon wat in die verwerking van die insekproteïen gebruik word.
’n Vragmotor laai organiese afval af waarop die vlieglarwes wei.
AgriProtein gee al werk aan meer as 60 mense nadat dit in 2008 deur Jason en David Drew begin is.

Beverley Schäfer, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede, sê die onderneming het ’n lang verhouding met die Wes-Kaapse regering en sy vennoot-agentskappe soos GreenCape en Wesgro.

GreenCape help al sedert 2015 vir AgriProtein. Aanvanklik het GreenCape gehelp om ’n sakeplan te ontwikkel en het AgriProtein gehelp om kontak te maak met markte vir dierevoer in Noorweë.

GreenCape het plaaslik gehelp om AgriProtein toegang te gee tot verskaffers van organiese afval, en sedert 2015 is meer as 3 000 ton organiese afval na AgriProtein gestuur om te verwerk.

AgriProtein is in 2008 deur die broers Jason en David Drew begin. Hulle het in 2015 hul eerste vlieglarwe-plaas in Phillipi in Kaapstad begin en het sedertdien landwyd uitgebrei en 20 internasionale lisensies toegeken om sy tegnologie te gebruik.

Meer oor:  Wesgro  |  Philippi  |  Entrepreneur  |  Veevoer  |  Protein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.