Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Lekkende toilet kan tot 200 liter water elke uur mors

REGSTELLING:

Hierdie berig het vroeër verkeerdelik gesê dat Gerrie Brink 'n outomatiese watermeter ontwerp het. Hy het wel 'n spoelklep vir toilette ontwerp wat dit moontlik maak dat minder water gebruik word wanneer dit gespoel word. 


Mense wat meen water wat verlore gaan weens ’n lekkende toilet is bloot ’n druppel aan die emmer, moet weer dink.

Gerrie Brink help ondernemings water bespaar deur lekplekke te identifiseer.

Gerrie Brink, ’n gegradueerde aan die Universiteit Stellenbosch se sakeskool, het navorsing gedoen wat toon dat die toilette in kantoorgeboue tot 90% van ondernemings se waterverbruik uitmaak.

Deur sy navorsing het hy ’n kantoorgebou in Gauteng gehelp om sy waterverbruik met 87% te verminder deur net ’n groot lekplek te herstel.

“ ’n Gewone toilet met ’n handvatsel wat jy druk om te spoel, kan tussen 50 liter en 200 liter water per uur vermors as die toilet lek, of oorloop.

“Dit raak veel erger as die handvatsel vashaak – tussen 500 liter en 700 liter per uur kan verlore gaan.”

Brink, ’n mynbou-ingenieur, het in 2017 sy MBA aan die USB voltooi en die navorsing en data oor toilette se watergebruik as deel van sy skripsie aangebied.

’n Outomatiese meterleser wat Gerrie Brink ontwerp het waarmee lekplekke vinnig geïdentifiseer kan word. Foto: Verskaf

Hy het ’n spoelklep ontwerp. 'n Outomatiese meterleser maak dit moontlik om waterlekke te identifiseer en aandag daaraan te gee, terwyl die spoelklep help dat minder water gebruik word wanneer dit gespoel word.

Brink het ’n maatskappy, #SurplusWater2025, gestig om huishoudings en ondernemings te help om minder water te gebruik. “Suid-Afrika is tans die 30ste droogste land ter wêreld en daar word voorspel dat die land teen 2025 ’n ekstreme waterskaarste sal hê.”

Dis tyd dat almal – huishoudings en sakeondernemings – begin besef hoeveel water hulle gebruik, sê hy.

Brink se maatskappy moniteer tans meer as 100 kommersiële geboue met merkwaardige resultate wat waterbesparing betref. Die sleutel is om gou iets te doen aan lekplekke en ondoeltreffende spoelmeganismes.

Meer oor:  Droogte  |  Water  |  Waterbeperking  |  Toilette  |  Waterbesparing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.