Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Likwidasie-skok by Melissa’s: Talle glo werkloos
Melissa’s se konsepwinkel wat in Junie 2017 in Kampsbaai oopgemaak het. Foto: Verskaf

Talle werknemers van die bekende konsepwinkel en eetplek Melissa’s het Maandag met hul aankoms by die werk uitgevind hulle het nie meer ’n werk nie, luidens ’n bron in die bedryf.

Die bron sê dit raak winkels wat nie as ’n franchise bedryf word nie.

Die eienaars, Melissa en Mark van Hoogstraten, het Maandag amptelik bevestig dat hulle om likwidasie aansoek doen.

Net drie winkels uit die 19 landwyd word deur die oorspronklike beslote korporasie (BK) besit. Die res is franchise-winkels.

Die drie winkels in die BK is almal in Kaapstad, waaronder die oorspronklike tak in Kloofstraat, wat in 1996 begin is.

Netwerk24 het verskeie takke in die Kaapse metropool gebel om uit te vind of hulle geraak word, waaronder die een in Kloofstraat, die V&A Waterfront en Stellenbosch, maar hul telefoonverbindings is afgesny. Dit is ook onseker wat die status van die tak in Blouberg is.

Die tak in Nuweland het bevestig dat hy as ’n franchise bedryf word.

Melissa’s het landwyd meer as 400 mense in diens, maar daar is nog geen aanduiding hoeveel mense hul werk kan verloor nie.

Melissa se selfoon was Donderdag af en sy kon nie vir navrae bereik word nie.

Moneyweb berig die likwidateur Craig Hathorn van Lynn and Hathorn Incorporated het bevestig Melissa’s is “hopeloos insolvent” en dat die situasie ondersoek word. ’n Verslag sal na verwagting teen einde Julie aan sy krediteure uitgereik word.

Op die vraag hoe dinge so skeefgeloop het, het Hathorn gesê dit is te vroeg om kommentaar te lewer, berig Moneyweb. Hy sal in beheer wees van die likwidasie van die drie winkels in die BK.

Vrae is aan Hathorn gestuur oor wat die proses vorentoe behels.

Lees Moneyweb se berig hier.

Meer oor:  Likwidasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.