Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Michael Jordaan se wenke tydens Covid-19-krisis

Suid-Afrikaners moenie ’n goeie krisis mors nie.

Michael Jordaan, voormalige uitvoerende hoof van FNB.Foto: Argief

Die Covid-19-pandemie gaan ongetwyfeld ’n enorme invloed op die land se ekonomie hê, maar dit kon baie beter gehanteer word deurdat nuwe dele van die ekonomie ontsluit kon word, eerder as om dit te onderdruk.

Boonop kon dit, en kan dit steeds, gebruik word om ’n nuwe ekonomie te skep, sê Michael Jordaan, voormalige uitvoerende hoof van FNB en nou medestigter van Bank Zero.

“As ons van die begin af e-handel gedurende die staat van inperking toegelaat het, sou die impak van die inperking beduidend minder gewees het as wat dit nou gaan wees.”

Hy het Woensdagoggend aan ’n aanlyn paneelbespreking deelgeneem wat deur Anchor Capital aangebied is.

“Navorsing wys dat dit 33 dae neem om nuwe gedrag in ’n gewoonte te verander. Ons is nou al baie langer as 33 dae in die staat van inperking. Ons het nuwe gewoontes aangeleer, soos om aanlyn konferensies te hou,” sê hy.

“Kan jy dink wat sou gebeur het as ons in dié tyd die gewoonte geskep het om aanlyn handel te dryf?

“Baie skole het reeds geleer hoe om aanlyn onderrig te gee. Ons kan nou sien watter geleentheid aanlyn onderrig bied om die probleme wat betref onderwys in die land te oorkom.

“Ek glo hierdie patrone is nou geskep, ons moet nou die geleenthede aangryp wat dit skep,” sê hy.

Jordaan sê hoewel daar baie geleenthede in ’n nuwe ekonomie gaan wees, kan daar nie ontken word dat die ekonomie onder groot druk gaan wees nie.

“Daar is sommige ekonome wat voorspel dat die bruto binnelandse groei met tot 17% kan krimp vanjaar. Daar is ook kenners wat voorspel dat tot sewe miljoen mense hul werk kan verloor,” sê hy.

“Maatskappye wat reeds grensgevalle was nog voor die uitbreking van die pandemie, gaan dit nie oorleef nie. Dit gaan ook baie moeilik wees om nou werk te kry.”

LEES OOK: Firmas: Wie gaan Covid-19 oorleef en wie nié?

Jordaan is egter steeds positief oor die toekoms.

Hier is sy wenke oor hoe om die krisis as ’n maatskappy, maar ook as ’n individu, te oorleef:

  • Moenie die omvang van die krisis ontken nie. Aanvaar die feite en neem besluite, ingesluit dié wat moeilik is.
  • Moenie nou ander werk soek nie. Hou wat jy het en lewer die beste werk wat jy kan.
  • As jy ’n geleentheid sien waar jy ’n probleem kan oplos en só ’n nuwe onderneming kan begin, moenie wag nie. “Iemand wat gedurende ’n krisis ’n maatskappy kan skep, kan ander uitdagings ook oorkom.”
  • Jong mense wat nie nou werk kan kry nie, moet verder studeer sodat hulle so goed as moontlik voorbereid is om vir werk aansoek te doen wanneer die ekonomie weer begin groei.
  • “Vermy vals nuus, veral daardie WhatsApp-boodskappe wat deur ‘nuusdienste’ gestuur word waarvan jy nog nooit gehoor het nie. Hou by bekende name wanneer jy nuus lees.”
  • Kyk na jouself. Maak seker jy bly gesond. “Jy kan nie na ander mense kyk as jy self siek word nie.”
  • Die volgende 12 tot 18 maande gaan net oor oorlewing. “Dit gaan oor kontant en kontantvloei. Moenie probeer om groot wins te maak nie.”
  • Besnoei alle onnodige koste en maak selfs jou produkte goedkoper. “Verbruikers is onder druk, hulle is op soek na waarde vir geld.”
Meer oor:  Michael Jordaan  |  Entrepreneurs  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Koronavirus  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.