Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
’n Hele lewe in verbrande staal

As hy nie teen vanoggend van iewers af hulp kry nie, neem hy sy eie lewe.

Uchendu Okey, eienaar van Shakara Motors in Malvern, Johannesburg, tussen die uitgebrande wrakke van sy voorraad. Foto: Elizabeth Sejake

Dít was die afgelope week die wanhopige noodkreet van ’n handelaar in gebruikte motors wie se voorraad van 58 voertuie in Johannesburg deur oproeriges aan die brand gesteek is.

Uchendu Okey (47), eienaar van Shakara Motors in Julesstraat, Malvern, se skade beloop na raming R3 miljoen. Hy het nie versekering gehad nie.

Toe hy verlede Sondag in die vroeë oggendure by sy tweevlakperseel aankom, was sy eerste gedagte aan selfdood.

“Ek het kinders, ’n gesin, hoe gaan ek na hulle omsien?” het hy Woensdag gevra. Hy het ook 16 werknemers.

Dit is dit tweede keer in twee jaar dat Okey se onderneming geteiken word. In 2019 is dit in ’n vlaag van xenofobiese geweld in ’n brand verwoes.

Hy het nie die moontlikheid uitgesluit dat dieselfde mense vir albei voorvalle verantwoordelik was nie.

Hy het skaars van die vorige skade herstel toe sy motors weer aan die brand gesteek word. Nou sien hy nie kans om die onderneming wéér van voor af te probeer opbou nie.

Uchendu Okey, eienaar van Shakara Motors, en Adewole Adams, die eienaar van drie motors wat op die perseel in Malvern, Johannesburg, uitgebrand het. Foto: Elizabeth Sejake

Onder die uitgebrande motors was ’n BMW X5, Mercedes-Benz E240, ’n Toyota Fortuner, ’n Range Rover, ’n Opel Vivaro-bussie, ’n Peugeot 307, ’n Nissan Qashqai, ’n Jetta 6, ’n VW Polo Classic en ’n Hyundai i10.

Okey het die afgelope week steeds somme gemaak oor hoeveel rand se skade hy gely het.

Drie van Adewole Adams (47) se motors – ’n Golf 6, ’n Nissan Tiida en ’n Opel Uno – was op Okey se perseel geparkeer om verkoop te word. Hy het Woensdag verslae daar gestaan.

’n Spazawinkel langs die motorhandelaar is ook geplunder – ook vir die tweede keer.

Emajestic Mwobi (50) besit die winkel, wat onder meer selfone verkoop, al 20 jaar. Dis Woensdag, op sy verjaardag, geplunder.

“Op my verjaardag. En hoe vier ek my verjaardag? In trane.”

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Ondernemings  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.