Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Net rente van 2,75% vir lenings aan kleinsake
KMO, kleinsake, onderneming,
Daar behoort ’n groter fokus te wees op Suid-Afrika se klein en medium-ondernemings (KMO’s) vanweë hul bydrae tot werkskepping en sakegroei. Foto: Unsplash

Die regering se hulp aan sukkelende kleinsakeondernemings tydens die Covid-19-inperking is sagte lenings teen die prima koers minus 5 persentasiepunte.

Martin Mahosi, voorsitter van die kleinsakefinansieringsagentskap Sefa, het dit Dinsdag bevestig aan parlementslede.

Daar was onsekerheid of die regering se hulp aan kleinsake toelaes of lenings is.

Die prima bankuitleenkoers is tans 7,75%, wat beteken kleinsakelui wat dié noodlenings kry, hoef net 2,75% rente daarop te betaal.

Dié lenings kom uit die kleinsake-skuldverligtingsfonds wat Sefa namens die departement van kleinsakeontwikkeling bestuur.

Banke

Intussen het Standard Bank en FNB die regering se bykomende inisiatief verwelkom om saam met die banke ’n waarborgstelsel van R200 miljard te bied op grond waarvan nog lenings aan sukkelende sakeondernemings toegeken kan word.

Die lenings is vir ondernemings met ’n jaarlikse omset van minder as R300 miljoen, wie se banksake teen einde Februarie in orde was en by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geregistreer is. Hulle moet kan bewys dat hulle in ’n geldkrisis is weens die inperking en nie ’n inkomste kan genereer nie.

Die lenings moet gebruik word vir bedryfsuitgawes soos salarisse en huurgeld, en die nodige bewyse daarvoor moet gelewer word. Die lenings is eers ná ses maande terugbetaalbaar.

Bemagtiging

Tim Brauteseth, DA-lid in die nasionale raad van provinsies. Hy is van KwaZulu-Natal.

Die DA is intussen op die oorlogspad oor die regering se gebruik van bemagtigingskriteria wanneer aansoeke vir hulp uit die regering se kleinsake-skuldverligtingsfonds beoordeel word.

Tim Brauteseth, DA-lid in die nasionale raad van provinsies, het Dinsdagmiddag vir Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsakeontwikkeling, gevra of sy kan bevestig dat breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging ’n kriterium is vir aansoeke, en volgens Brauteseth het sy aggressief reageer en beklemtoon dat bemagtiging ’n fundamentele vereiste vir die transformasie van die ekonomie is. “Ons kan nie kies hoe en wanneer ons dit wil gebruik nie,” het sy gesê.

Volgens Brauteseth is dit in kontras met die regering se vorige uitsprake dat alle aansoeke gelyk gehanteer sal word, ongeag die ras van die aansoeker.

Mandla Rayi, voorsitter van die nasionale raad van provinsies se gekose komitee oor handel en nywerheid, kleinsakeontwikkeling, toerisme en arbeid, het in ’n verklaring die steun van R2 miljard wat die regering aan die kleinsakesektor belowe het verwelkom, maar hy meen meer geld is nodig.

Meer oor:  Kleinsakeondernemings  |  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Covid-19  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.