Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Niks sê ryk én sexy soos ’n straler

Die wêreld se superrykes wat weens die inperkingsregulasies lanklaas kon reis, val nou oor hul voete om private stralers te koop.

vlieg
Mense met baie geld wil óf hul eie straler óf hul ’n seiljag koop. Foto: Unsplash

So baie van die beskikbare gebruikte stralers is reeds opgeraap dat voornemende kopers op waglyste vir nuwes geplaas is, het bankiers die afgelope week op ’n virtuele konferensie oor beleggings in korporatiewe stralers gesê.

Selfs kliënte van Citigroup wat nog nooit ’n vliegtuig besit het nie, oorweeg dit nou om een aan te skaf, sê Ford von Weise, hoof van wêreldwye vliegtuigfinansiering by dié instelling se private bank. Soms beskou hy dit as sy plig om hulle te oortuig om dit nié te doen nie.

Candice Nakagawa, ’n senior welvaartsadviseur van MUFG Union Bank, maan haar kliënte ook dis duur om vliegtuie in stand te hou, maar baie luister nie. “Hulle wil iets koop wat mooi en sexy is en dit is tipies ’n straler of ’n seiljag.”

Intussen verwag Tag Heuer, vervaardiger van luukse horlosies, sy verkope sal vanjaar tot dieselfde vlak as in 2019, voor die pandemie, terugkeer. – Bloomberg

Meer oor:  Straler  |  Seiljag  |  Superrykes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.