Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Ondersteun vandag jou plaaslike entrepreneur
Lente is in die lug by die Pretty Gardens-tuinsentrum, ’n plaaslike kwekery in Bloemfontein. Dis nie net Lentedag nie, maar die eerste Vrydag in September is ook Kleinsake-Vrydag, die dag waarop mense aangemoedig word om plaaslik te koop. Foto: Vida Booysen

As jy vandag Lentedag vier deur iets lekkers te koop, gaan ondersteun gerus een van jou plaaslike kleinsakeondernemings.

Dit is vandag Kleinsake-Vrydag, die dag waarop mense aangemoedig word om plaaslik te koop. “Jou geld help ’n ma of pa om kos op die tafel te sit of hul kinders se skoolgeld te betaal, nie ’n uitvoerende hoof van ’n multinasionale maatskappy om sy derde strandhuis te koop nie,” sê Mike Anderson, stigter en uitvoerende hoof van die National Small Business Chamber (NSBC).

Dis vanjaar die sesde keer dat die NSBC dié veldtog hou waarin Suid-Afrikaners aangemoedig word om hul plaaslike sakeondernemings te ondersteun.

“Dit bly belangrik om mense aan te hou herinner om betrokke te raak by die klein ondernemings in hul eie omgewing en sodoende ook lede van hul eie gemeenskap te ondersteun.”

Hy sê ons besluite oor waar ons geld gaan bestee, maak ’n groot verskil.

“ ’n Opname deur die NSBC het bevind kleinsakeondernemings se grootste uitdaging is om nuwe klante te lok, daarom is veldtogte soos hierdie so belangrik.”

Deur jou kafee op die hoek of die plaaslike tuisnywerheid, loodgieter of apteek te ondersteun, help bou jy aan entrepreneurskap in Suid-Afrika.

“As meer mense hierdie klein plaaslike ondernemings ondersteun, sal hul eienaars bemagtig word om hul infrastruktuur te bou en meer mense in diens te neem – sodoende help jy ook om plaaslike werkskepping te bevorder.”

Kleinsake-Vrydag moedig mense aan om by kleiner ondernemings te koop.

Hy sê die kamer het planne om selfs meer ondersteuning te werf, nie net van kleinsakelui self, verbruikers of aktiviste nie, maar ook van groter maatskappye.

“Ons wil graag sien dat groot maatskappye vennootskappe sluit met kleiner ondernemings of van hul goedere of dienste verkry om ons doelwitte te ondersteun.”

Die sakekamer doen ook ’n beroep op die regering om dit vir klein ondernemings makliker te maak om sake te doen.

Daar is drie maniere waarop verbruikers vandag hul steun aan die veldtog kan gee:

  • Gaan beloof jou steun op die webtuiste www.smallbizfriday.co.za. Jou belofte kos niks nie, maar die ondersteuning word baie waardeer.
  • Raak deel van die veldtog op sosiale media en moedig jou volgelinge aan om #SmallBizFriday te ondersteun.
  • Gaan koop vandag (en in die toekoms) iets by ’n klein plaaslike onderneming. Doen moeite om die eienaar te ontmoet en laat weet hom of haar wat jou voorkeure is sodat hulle beter diens vir jou kan lewer.
Meer oor:  Entrepreneurs  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.