Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Oprah nou onder rykste 500 in wêreld
Oprah Winfrey

Die kletskoningin Oprah Winfrey kan nóg ’n eerste agter haar naam skryf.

Sy het pas die eerste swart vrou geword wat op Bloomberg se indeks van miljardêrs ingesluit is.

Dié indeks wys wie is die 500 rykste mense in die wêreld.

Met haar fortuin wat Maandag ’n enorme $4 miljard oorskry het, is Winfrey nommer 494 op dié indeks.

Die grootste rede hoekom Winfrey nou op die lys is, is te danke aan haar belang in Weight Watchers International.

Dié maatskappy se aandeelprys het vanjaar reeds verdubbel.

Dit beteken net dié styging het haar fortuin vanjaar reeds met ’n stewige $427 miljoen laat styg.

Die Oprah Winfrey Show, waar sy haarself oor 25 jaar as kletskoningin gevestig het, is egter waar sy die meeste geld gemaak het.

Sy het ook haar eie kabel-TV-netwerk geskep en onlangs aangekondig sy gaan saam met Apple werk om oorspronklike programme vir dié maatskappy se stroomdiens te skep.

Daar is nou 65 vroue op die lys van rykste mense.

Luidens die indeks is die rykste persoon op aarde Jeff Bezos met ’n fortuin van sowat $143 miljard.

Hy word gevolg deur Bill Gates ($93,1 miljard) en Warren Buffet ($82,3 miljard).

Die rykste vrou op dié lys is Alice Walton met ’n fortuin van ($39,4 miljard). Walton is die dogter van Sam Walton wat Walmart geskep het.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Weight Watchers  |  Oprah Winfrey  |  Jeff Bezos  |  Bill Gates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.