Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Ouer wittes verkoop nou wat hulle opgebou het

Al hoe meer wit Suid-Afrikaanse sake-eie­naars van 55 jaar en ouer wat hul private ondernemings oor jare opgebou het, wil nou die ondernemings verkoop.

Andrew Bahlmann, bedryfshoof van Deal Leaders Africa.

Andrew Bahlmann, bedryfshoof van Deal Leaders Africa, wat sulke ondernemings help om die regte koper te vind, sê by die laaste tien transaksies waarvoor hy en sy span betrokke was, was die oorspronklike eienaars in dié ouderdomsgroep.

In baie gevalle stel die kinders nie belang om hul ouers se onderneming oor te neem nie – deels omdat hulle sien watter tol dit eis of omdat hulle nie in die soort onderneming belang stel nie.

In ander gevalle wil die eienaars likiditeit skep of hulle besef hulle kan die vrug van hul arbeid geniet nadat hulle jare gewerk het om daarvan ’n sukses te maak.

Baie min van die transaksies wat hy vir verkopers beklink het, het te doen met emigrasie, sê Bahlmann.

Deal Leaders Africa is tans besig met meer as 23 transaksies en het transaksies ter waarde van R1,28 miljard aan die kom. Hulle het onlangs ’n transaksie beklink vir ’n enkelma van drie wat ’n (goeie) lewe gemaak het uit die verkoop van swembadbykomstighede en -versierings. Van ’n nederige begin in 2003 het die onderneming gegroei tot ’n jaarlikse omset van R60 miljoen.

Die gemiddelde waarde van ’n transaksie is tussen R150 miljoen tot R200 miljoen, met ’n omset van R100 miljoen tot R500 miljoen. Dit neem gewoonlik tussen 12 en 15 maande om ’n transaksie af te handel.

Bahlmann sê die wêreld van samesmeltings en verkrygings is vol “akronieme en ego’s”.

So, ek begin die proses as adviseur en eindig as dr. Phil.
Andrew Bahlmann van Deal Leaders Africa

Emosie speel ’n groot rol as ’n mens jou eie suksesvolle sakeonderneming wil verkoop. “So, ek begin die proses as adviseur en eindig as dr. Phil.”

Volgens Bahlmann is die regte koper nie altyd die vanselfsprekende koper nie. Aanvanklik sal Deal Leaders 50 tot 100 potensiële kopers kry en dan begin sif om die verkoper keuses te gee.

Sowat 33% van die transaksies wat hulle in 2018 beklink het, was met internasionale kopers. As die opbrengs goed is, laat dié kopers hulle nie deur ander faktore afskrik nie.

Die helfte van transaksies is met private ekwiteitshouers, veel meer as tevore.

Hoewel swart ekonomiese bemagtiging (SEB) nie altyd boaan die agenda is nie, kan dit maatskappye se groei in die toekoms terughou. Daarom beveel Bahlmann aan dat private sake-eienaars nie te laat daaraan aandag gee nie.

Meer oor:  Verkrygings  |  Ondernemings  |  Entrepreneurs  |  Samesmelting  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.