Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Regering wil nie departement van kleinsake sluit
Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeontwikkeling. Foto: Felix Dlangamandla

Die parlement se portefeuljekomitee oor kleinsakeontwikkeling verwelkom ’n verslag dat die regering nie planne het om die departement van kleinsakeontwikkeling te sluit nie.

Dit kom te midde van oproepe uit opposisiegeledere dat die kleiner staatsdepartemente wat in oudpres. Jacob Zuma se termyn geskep is maar wat nie noemenswaardig presteer nie, gesluit moet word.

’n Verslag van Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeontwikkeling, wat voor ’n vergadering van die komitee gedien het, lui egter dat pres. Cyril Ramaphosa, die kabinet en die ANC die departement steun en daar hoegenaamd geen plan is om dit te sluit nie.

Ruth Bhengu, voorsitter van die komitee, sê hoewel daar probleme is, bly die departement ’n belangrike instrument om armoede, werkloosheid en ongelykheid te bestry.

Volgens haar moet die departement spoed optel om die Small Enterprise Finance Agency (Sefa) van die departement van ekonomiese ontwikkeling oor te neem om dié agentskap se finansieringsmodel aan te pas vir die behoeftes van kleinsake en koöperatiewe ondernemings.

Sefa kan in sy huidige vorm nie mense met lenings help nie, sê Bhengu.

Die komitee kritiseer die departement se plan om sommige verantwoordelikhede aan Sefa en die kleinsakeontwikkelingsagentskap (Seda) oor te dra, want dié agentskappe het nie die vermoë om dit te hanteer nie.

Die departement behoort sy interne vermoë en dié van plaaslike ekonomiese ontwikkeling by munisipaliteite uit te bou om volle beheer te neem van wat hy moet lewer, sê Bhengu.

’n Kleinsake-adviesraad gaan binne die volgende twee weke aangestel word, het Zulu in nog ’n verslag aan die komitee gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.