Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Superrykes soos Musk en Bezos betaal min taks

Daar word lankal vermoed dat die rykste mense in die wêreld ’n manier gevind het sodat hulle minder belasting hoef te betaal.

’n Verslag wat Dinsdag deur die nuusdiens ProPublica gepubliseer is, toon net dit: Die rykes betaal min of geen belasting.

Die verslag wys hoe min belasting miljardêrs soos die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur Elon Musk en Jeff Bezos, uitvoerende hoof Amazon, aan die Amerikaanse belastinggaarder (IRS) betaal.

ProRepublica het data verkry wat oor 15 jaar ingesamel is en dit ontleed om vas te stel hoeveel belasting die rykste mense in Amerika betaal.

“In 2007 het Jeff Bezos, toe ’n multi-miljardêr en nou die wêreld se rykste man, nie ’n sent vir federale inkomstebelasting betaal nie. Hy het dit in 2011 weer reggekry,” lui ProRepublica se verslag.

“In 2018 het die Tesla-baas, Elon Musk, wat die tweede rykste mens in die wêreld is, geen federale inkomstebelasting betaal nie.”

elon musk
Elon Musk op die bouperseel van Tesla se Gigafactory in Gruenheide, naby Berlyn in Duitsland, op 17 Mei vanjaar. Foto: Reuters

ProRepublica sê Michael Bloomberg het dit ook die afgelope paar jaar reggekry.

Volgens ProRepublica bied hierdie data ’n blik op wat mense soos Warren Buffett, Bill Gates, Rupert Murdoch en Mark Zuckerberg aan inkomstebelasting betaal, terwyl daar ook data is oor hul inkomste, beleggings en uitslae van oudits.

“As dit alles saamgevoeg word, vernietig dit die mite van die Amerikaanse belastingstelsel: dat almal hul deel moet betaal en dat die rykste Amerikaners die meeste betaal.”

ProRepublica sê die IRS-rekord toon die rykstes dok dalk inderdaad wettiglik net ’n fraksie van die honderdmiljoene, indien nie miljarde nie, van hul rykdom vir belasting op, wat kan beteken dat hul rykdom net groei. Reuters

Meer oor:  Warren Buffett  |  Jeff Bezos  |  Elon Musk  |  Amerika  |  Belasting  |  Superrykes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.