Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Só ontdek studente hul talente in Covid

Gabriel Gibbon, ’n 20-jarige student en juweelmaker van Johannesburg, wou nie teen ’n minimum loon ’n kelner wees vir ekstra geld nie. Toe begin hy ringe maak uit ou teelepels en vurke. Sy onderneming het gou uitgebrei en hy maak ook hangertjies, oorbelle en artikels uit leer.

Gabriel Gibbon, ’n student in nywerheidsontwerp, maak sy eie juwele uit ou teelepels en vurke om ekstra geld te verdien.
Van die ringe wat Gabriel Gibbon maak. Foto: Gabriel Gibbon

Nou verdien hy tussen R7 000 en R8 000 elke ses tot agt weke vir sowat twee besendings juwele – alles terwyl hy voltyds studeer by die Universiteit van Johannesburg vir ’n graad in nywerheidsontwerp.

“Ek is mal oor ontwerp en om iets te maak. Ek sal eerder ’n werk doen waarvan ek hou as om baie geld te maak,” sê hy.

Sy belangstelling om sy eie goed te maak, is reeds op skool al geprikkel. “Ons het markdae gehad waar ek houtartikels gemaak en verkoop het. Ek het gewoonlik ’n goeie inkomste verdien omdat ek dit teen ’n wins kon verkoop.”

Hy glo sy juwele-onderneming kan die grondslag wees vir sy eie ontwerpmaatskappy wat hy ná sy studie wil stig.

Wian de Groot, ook ’n student in nywerheidsontwerp, kweek sy eie organiese groente wat hy aan plaaslike markte en restaurante verkoop. Dit lewer ’n maandelikse inkomste van tussen R6 000 en R7 000.

Wian de Groot se organiese wortels en beet.

Ook De Groot se bekendstelling in entrepreneurskap is op die skoolbanke gekweek. Hy sê egter entrepreneurskap as vakgebied fokus te veel op definisies en gevallestudies. “Dit behoort baie meer prakties te wees.”

De Groot bedryf sy kleinskaalse organiese boerdery sodat hy dit mettertyd kan verkoop. “Ek sien nie myself as ’n voltydse boer nie, maar ek gaan my sakemodel vir ’n toekomstige beginonderneming gebruik,” sê hy.

Cara Richmond, wat ’n graad het in grafiese ontwerp, het gedurende die inperking verlede jaar begin handsakke hekel wat sy aanlyn of by markte verkoop. Sy beoog om uiteindelik voltyds haar eie aanlyn winkel te bedryf. “Ek het met my studie baie geleer oor bemarking en hoe om ’n onderneming te begin. My oë het oopgegaan en ek het nou die selfvertroue om ’n entrepreneur te kan wees.”

Cara Richmond maak gehekelde handsakke. Foto: Cara Richmond

Covid-19 het Tarika Pather (21) se planne om argitektuur in Amerika te studeer in die wiele gery. Sy moes toe dringend ’n manier kry om ’n inkomste te verdien. Deesdae maak sy tussen R4 000 en R5 000 uit juwele wat sy self maak, bemark en verkoop.

Pather se bekendstelling aan entrepreneurskap was toe sy dit as vak geneem het by die African Leadership Academy. “Ek glo ’n mens leer eintlik die meeste terwyl jy self jou onderneming bestuur.”

Die juwele wat Tarika Pather deeltyds maak terwyl sy studeer. Foto: Tarika Pather
  • Leon Lategan, stigter van The Lions Den en meer onlangs die School of Entrepreneurship, beoog om 10 000 nuwe entrepreneurs in die volgende vyf jaar op te lei wat hul eie winsgewende ondernemings kan begin.
Meer oor:  Kmo's  |  Entrepreneurs  |  Studente  |  Covid-19  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.