Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Só raak plundery klein ondernemings

Amper nege uit tien (89%) van die ondernemings wat onder die onlangse oproer in Gauteng en KwaZulu-Natal deurgeloop het, was klein en mediumgrootte ondernemings.

Dít is volgens navorsing wat BeyondCOVID, ’n organisasie sonder winsbejag, Maandag bekend gemaak het.

Hulle het ook bevind:

  • Slegs 6% van die ondernemings wat geraak is, het al na normaal teruggekeer;
  • Byna die helfte (44%) van die ondernemings het tydelik gesluit en 7% het permanent gesluit;
  • 46% van die ondernemings het geen versekering nie;
  • 10% van personeellede is afgedank; en
  • 8% van die ondernemings se persele is vernietig.

Die data is gegrond op 1 070 antwoorde van informele, mikro-, klein en groot ondernemings.

Die organisasie glo dit is ’n verdere knou vir Suid-Afrika en dat dié ondernemings sowat R16 miljard bedryfsfinansiering benodig om te herstel.

Gerhard Pelser, mede-eienaar van die Bargain Basket-kleinhandelwinkel in Durban, was een van die kleinsake-eienaars wat in die plundery deurgeloop het. Foto: Rapport

Volgens pres. Cyril Ramaphosa is 330 mense in die oproer in die twee provinsies dood en die beraamde skade aan die KwaZulu-Natalse se ekonomie is sowat R20 miljard.

Dit is ’n verdere terugslag vir moontlike werkskepping terwyl Suid-Afrika tans onder ’n rekordhoë werkloosheidkoers van 32,6% gebuk gaan.

Lings Naidoo van Redflank wat die meningsopname namens BeyondCOVID gedoen het, het Maandag in ’n verklaring gesê die skade wat betogers aan eiendom aangerig het, was omvangryk.

Hulle beraam daar is sowat R126 miljard se skade aangerig, volgens die antwoorde wat hulle gekry het, en dat dit ondernemings vyf tot agt maande kan neem om te herstel.

Die opname het ’n 59%-afname in inkomste gesien sedert die betogings.

Groter maatskappye het aangedui hulle is in ’n beter posisie as kleiner ondernemings danksy beter versekering, met 73% wat sê hulle het ’n vorm van dekking.

Die sektore wat die meeste geraak is, is kleinhandel, verblyf, die kosbedryf, gesondheids- en maatskaplike dienste.

“Die onrus het nie net ondernemings geraak nie, maar ook die verskaffing van gesondheidsorg,” het Naidoo gesê.

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Onluste  |  Entrepreneurs  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.