SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Só steun PnP, Shoprite kleinsake nou

Plaaslike kleinhandelaars het dié week nuwe maniere bekend gestel om vir plaaslike entrepreneurs ’n voet in die deur te gee.

Entrepreneurs van Pick n Pay se Enterprise and Supplier-ontwikkelingsprogram op die bekendstelling van die supermark se nuwe “Meet the Maker”-veldtog om plaaslike vervaardigers in Suid-Afrika te ondersteun, Maandag 11 Maart, in Brackenfell, Kaapstad.

Pick n Pay het onlangs rakke spesifiek vir “Local is Lekker”-produkte opsy gesit en Maandag het die kleinhandelaar sy nuwe “Meet the Maker”-veldtog in Brackenfell, Kaapstad, bekend gestel.

Op die bekendstelling het Suzanne Ackerman-Berman, Pick n Pay se direkteur van transformasie, gesê die winkelreus integreer al jare lank produkte van klein vervaardigers, maar baie meer moet nog gedoen word.

Adrian Naudé, groephoof: hipermarkte, verduidelik dat hulle regstreeks hul ondersteuning binne in winkels met hul nuwe veldtog wou verbeter.

Ons wil hê ons klante moet weet deur een van dié produkte te koop, ondersteun hulle nie net klein besighede nie, maar hulle help ook om werk te skep en plaaslike gemeenskappe op te hef.
Adrian Naudé

“Wanneer klante in ’n winkelgang is, word hul met ’n oormaat opsies gekonfronteer. Ons wil dit makliker maak vir klante om plaaslike kleinhandelsmerke te ondersteun.

“Ons wil hê ons klante moet weet deur een van dié produkte te koop, ondersteun hulle nie net klein besighede nie, maar hulle help ook om werk te skep en plaaslike gemeenskappe op te hef.”

Een van die klein ondernemings wat aan Pick n Pay se uitstalling deelneem, is ’n pa-en-seun-onderneming van Patrick en Emile Langeveldt wat Greenworld Chemical Services and Supplies besit.

Entrepreneurs Patrick en Emile Langeveldt op die bekendstelling van Pick n Pay se “Meet the Maker” veldtog in Brackenfell, Kaapstad op 11 Maart, 2019.

Langeveldt verskaf eienaam-vuuraanstekers, wat ook nou die winkel se gewildste vuuraanstekers is.

“Die veldtog sal bewustheid van klein verskaffers regtig stimuleer, en bevorder ook die idee dat klein verskaffers gehalteprodukte kan lewer,” sê Langeveldt.

Shoprite het ook Maandag ’n meer gefokusde benadering tot die bevordering van plaaslike vervaardigers aangekondig.

Dié supermark-groep het ’n multi-miljoenrandkontrak aan Verigreen, ’n plaaslike vervaardiger van plastiek en ander produkte vir huishoudelike gebruik, toegeken.

Meer as 360 ton plastiek word jaarliks as herwinbare onverwerkte materiaal deur ’n reeks sogenaamde “Supa Mamas” aan Verigreen in KwaZulu-Natal verskaf. Dié vennootskap skep nie net werk nie, maar dra ook beduidend by tot die vermindering van herwinbare rommel wat sonder hul intervensie op ’n ashoop sou beland het, sê die medestigter van Verigreen, Thina Maziya.

“Dit is van kardinale belang dat kleinhandelaars ’n gesamentlike poging aanwend om nie net goedere van gevestigde verskaffers te verkry nie, maar ook om betrokke te raak by die ontwikkeling van klein en mediumgrootte ondernemings, aangesien dit tot werkskepping en ekonomiese groei bydra,” sê Maziya.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.