Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Spazas, informele handelaars: Dís die regulasies

Informele vrugte- en groentestalletjies mág sake doen, maar hulle moet permitte hê.

Groentetuin
Informele handelaars mag groente en vrugte verkoop, maar hulle moet permitte hê.

Dis een van die aanpassings aan die regulasies wat tydens die ramptoestand heers wat Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsakeontwikkeling, Vrydag aangekondig het en wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

Die regulasies klaar heelwat verwarring op oor die lot van sogenaamde “langanas” en “smouse”, wie se brood en botter aanvanklik van hulle ontneem is.

Van meet af aan is gesê spazawinkels en hoekkafees mag oop bly omdat hulle kos – dus noodsaaklike goedere – verkoop.

Ntshavheni het ook herbeklemtoon dat dit nie saak maak wat die nasionaliteit van die winkel- of stalletjie-eienaar is nie – almal mag oop bly. Buitelanders moet wel wettig in die land wees om vir ’n permit in aanmerking te kom.

Daar is wel bepaalde voorwaardes:

  • Hulle moet aansoek doen om permitte by hul plaaslike munisipaliteit.
  • Niemand mag oornag in ’n kruidenierswarewinkel slaap nie, aangesien dit standaarde oor kosveiligheid en gesondheid verbreek.
  • Slegs kos en basiese benodigdhede mag verkoop word. Dit beteken ook die winkels en stalletjies mag nie drank en sigarette verkoop nie.
  • Maatreëls moet toegepas word om die risiko vir die verspreiding van die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, te beperk. Dit sluit in dat ’n veilige afstand van minstens ’n meter tussen mense gehandhaaf word en dat handelsruimtes gereeld skoongemaak moet word.
  • Die minimum aantal werknemers moet aan diens wees. Werkgewers word aangemoedig om tydens die staat van inperking vervoer vir hul werknemers te verskaf.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.