Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Stuifmeel vir klein ondernemings

Die Stellenbosse finansiëletegnologiemaatskappy Pollen is nog nie ’n jaar oud nie, maar het al R100 miljoen aan kleinsake geleen. Francois Williams het by Louis du Plessis, uitvoerende hoof, gehoor hoe dit werk.

   

Louis du Plessis

Wat was die denke agter die stigting van Pollen?

Pollen is met die steun van die Anglo African-groep gestig om maklike en vinnige finansiering aan klein en middelslagondernemings te bied.

Maatskappye wat minstens ’n jaar al sake doen, met ’n omset van minstens R1 miljoen per jaar en hul eie sakeperseel of goeie huur­geskiedenis het, kan op ons webruimte aansoek doen vir ongesekureerde korttermyn­lenings van R50 000 tot R1,5 miljoen.

Die lenings is vir ses maande, met weeklikse afbetalings teen ’n vaste rentekoers van 25%.

     

Hoe was die markreaksie?

Dit was oorweldigend, net van advertensies op Google en ons webruimte. Sedert Julie verlede jaar het ons al R100 miljoen se lenings verskaf teenoor ons geraamde projeksie van R10 miljoen.

    

Hoe verskil julle van ander verskaffers van sakelenings in Suid-Afrika?

Ons is die eerste een wat finansiële tegnologie benut om aanlyn ­leningsdienste in die plaaslike mark te bied.

Ons tegnologieplatform is gegrond op dié van die Amerikaanse firma OnDeck, wat sedert sy stigting in 2007 al R4 miljard aan die kleinsakemark in Amerika geleen het. Die platform help ons om potensiële leners te beoordeel en binne drie dae ná die indien van ’n aansoek ’n besluit te kan maak en die lening uit te betaal.

    

Is ’n koers van 25% nie duur nie?

Dit is duur vergeleke met ’n tradisionele bank­lening, maar jy kry binne drie dae jou geld – ’n beduidende voordeel wat die tradisionele banke nie kan bied nie. Die sake-eienaar kan dus dadelik optree as ’n winsgewende geleentheid opduik wat oor ’n week dalk weg is. Daar is afslag vir vroeër terugbetaling.

   

Wat van die swak publisiteit oor ongesekureerde lenings?

Ons het die steun van Anglo African Trading, wat al sedert 1994 kleinsakelenings gee. Hulle het heelwat ervaring. Ons is ook besig om by die Nasionale Kredietreguleerder te registreer.

Meer oor:  Pollen  |  Entrepreneurs  |  Kleinsake  |  Lenings  |  Kmo's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.