Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Swak ekonomie, hoë kospryse knou franchises
Dis ’n groot uitdaging om ’n suksesvolle franchise te bedryf.

Vir meer as 30% van franchisehouers is die swak ekonomie een van hul grootste uitdagings, en vir dié wat in die kosbedryf sake doen, ook die styging in voedselpryse.

Om opgeleide en toegewyde personeellede te vind is vir 43% hul grootste kopsorg. 35% is bekommerd dat hulle nie deurlopend diens van goeie gehalte aan klante sal kan lewer nie, volgens ’n verslag oor die franchisesektor wat in die afgelope week uitgereik is.

Te midde van die knellende ekonomie het die jaarlikse huurgeld vir franchisehouers se winkels of persele met 8,5% gestyg, teenoor ’n styging van 6,5% die vorige jaar, sê Margaret Constantaras van Research IQ, wat namens die Franchise-vereniging van Suid-Afrika (Fasa) ’n peiling onder franchisehouers en -gewers gedoen het. Die peiling word deur Sanlam geborg.

Lees ook: Oorweeg jy om ’n franchise te koop? Hier is die feite

Al hoe meer franchisehouers sê dit neem hulle al hoe langer in hul onderneming om gelyk te breek vergeleke met twee jaar gelede.

In 2015 het 50% van franchisehouers gesê dit neem langer as ’n jaar om die gelykbreekpunt te bereik, maar dit het nou tot 55% opgeskiet,

Tans meen net 12% van respondente hulle kan binne ses maande gelyk breek, waar 21% in 2015 so gesê het.

Franchisegewers se siening strook hiermee. In 2015 het 24% van hulle gesê dit sal minstens ’n jaar duur vir franchises om gelyk te breek, maar nou is dit 40%.

Constantaras sê uit franchisehouers se antwoorde blyk dit dat die aanvanklike bedryfskapitaal wat nodig is om ’n onderneming te begin, gemiddeld R725 007 is, teenoor die gemiddeld R745 887 van die vorige jaar.

Baie van hulle moet ’n deposito van R45 000 of die huurgeld vir die eerste twee of drie maande vooruit aan die verhuurder betaal.

Bydrae tot die ekonomie

  • Luidens die verslag het die franchise-sektor se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) van 11,6% in 2016 tot die huidige 13,3% toegeneem.
  • In randwaarde beloop die bydrae R587 miljard per jaar, teenoor sowat R493 miljard in 2015 en R302 miljard in 2013.
  • Kitskosfranchises dra 29% by, gevolg deur franchises in die kategorie boubedryf, die kantoorsektor en residensiële dienste (soos Easylife ­Kitchens, Kleen Bin, The Drain Sur­geon en Timbercity) met 17%, en kleinhandel (soos Pick n Pay en Spar) met 14%.
  • Die werkerstal staan op 343 319 (2016: 329 2450). Die meeste van hulle werk in kleinhandelfranchises (138 501), gevolg deur kitskosfranchises (65 506).

Volgens die peiling was die persentasie-eienaarskap van voorheen benadeelde individue in 2013 20%, maar dit het in 2016 tot 18% gedaal en vanjaar tot 17%.

Constantaras sê dit het grootliks te doen met aangepaste vereistes volgens die swart ekonomiese bemagtigingskodes.

Net minder as 80% van die franchisegewers verwag groei in die volgende jaar. Verlede jaar was dié persentasie 90%.

Altesame 31% van die franchisegewers wat deelgeneem het, sê hulle het winkels elders in die Afrika, hoofsaaklik in Namibië, Botswana of Zimbab­we.

Dan het 12% aangedui hulle het winkels in oorsese lande, hoofsaaklik in Mauritius, Brittanje, Amerika en Australië.

Meer oor:  Entrepreneurs  |  Franchises  |  Kitskos  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.