Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Sy sál swart vroue bemagtig, sê minister van toerisme

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het die toerismefonds se steun aan slegs swart ondernemings in die parlement verdedig.

’n Straattoneel in Kayamnandi, Stellenbosch. Die departement van toerisme wil township-toerisme bevorder en bemark.

Die swart vrou was in die apartheidsjare die simbool van armoede, maar was ná 1994 en is nou tydens die Covid-19-pandemie steeds die simbool van armoede, en daarom moet sy as leier dit verander, het sy geantwoord op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies Woensdag.

Op vrae van Sonja Boshoff van die DA oor die toerismefonds van R1,2 miljard het sy verduidelik daar is nie tans enige hangende hofsake teen die regering oor die fonds nie. Sy het met Solidariteit en AfriForum vergader en aan hulle die werking van die fonds verduidelik, en daar is nie tans enige regstappe teen die fonds nie, het Kubayi-Ngubane gesê.

Armand Cloete van die VF Plus het in vraetyd dit aan Kubayi-Ngubane dit gestel dat regsdokumente wel tans voorberei word. Sy het geantwoord sy is gereed vir die hofsaak en dit is ’n geregverdigde oorlog om in te veg.

Boshoff het aangevoer die minister sal nie haar teikens behaal om die toerismebedryf te laat groei deur net op een groep te fokus nie.

Cloete het gevra of die doel van die toerismefonds dan ’n manier is om ondernemings te straf wat nie bemagtigingsteikens kon behaal nie.  Kubayi-Ngubane het dit ontken en verduidelik dit gaan daaroor om gelyke geleenthede aan almal te bied en sy as swart vrou sal sorg dat swart vroue bemagtig word.

Stephanus du Toit van die VF Plus het gesê die uitsluiting van wit toerisme-ondernemings uit die toerismefonds is rassisties. Die regering fokus net op individue en nie op die breë bedryf nie. Die toerismebedryf verteenwoordig 2,9% van die BBP en ondersteun 1,5 miljoen werkgeleenthede.

“Die rassistiese optrede van uitsluiting is net om die illusie te skep dat die regering omgee,” het hy aangevoer. Hy meen dit is nie grondwetlik nie.

Kubayi-Ngubane meen Du Toit interpreteer die Grondwet verkeerd. “Die Grondwet bepaal dat die onregverdighede van die verlede reggestel moet word. Die bemagtigingswet is deur die parlement goedgekeur en parlementslede het ’n eed afgelê om dit altyd gestand te hou, nie slegs wanneer dit jou pas of nie.

“Ons moet ’n inklusiewe toerismesektor bou wat almal insluit.”

Haar departement het nou ook ’n groenfonds waar toerisme-ondernemings kan aansoek vir hulp om omgewingsvriendelike tegnologie te installeer om byvoorbeeld water en krag te bespaar. Die departement werk ook aan inisiatiewe om veral township-toerisme te bemark en te bevorder.

Meer oor:  Mmamoloko Kubayi-Ngubane  |  Toerisme  |  Parlement  |  Transformasie  |  Seb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.