Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Tshepo open waterlose karwas

Tshepo, ’n gemeenskapsontwikkelingsorganisasie in Northcliff, Johannesburg, se karwas is weer oop om sake te doen – en dié keer is die onderneming waterloos.

“Ons gebruik die minimum hoeveelhede water om die motors te was,” sê Japie Krige, bestuurder van dié organisasie sonder winsbejag.

“Dit is ’n baie natuurvriendelike inisiatief in ’n land soos Suid-Afrika wat ’n waterskaarste het.

Pumulani Ntekiso was ’n voertuig sonder water. Foto: FACEBOOK

Ons is opgewonde om die projek te sien groei.”

Tshepo het die karwas einde verlede jaar toegemaak om ’n paar veranderinge aan die onderneming aan te bring.

Pumulani Ntekiso (32) bestuur tans die karwas en kry elke maand ’n deel van die wins.

Krige sê Ntekiso bestuur die “menslike kant” van die onderneming, soos om skofte uit te werk en die karwassers te bestuur. Hy koördineer ook die produkte en behartig die advertensies.

“Dit is juis so gedoen om sy vaardighede en sy sin van eienaarskap en verantwoordelikheid, aan te moedig,” sê Krige.

Ntekiso het lank op straat gebly voordat hy by Tshepo vir werk aangeklop het.

Hy bly tans in ’n oornagskuiling in Rose­bank.

“Die droom is om Pumulani eendag die eienaar van dié onderneming te maak.”

Krige sê dit is vir Tshepo belangrik om elke persoon wat by hulle aanklop, in staat te stel om sy eie lewe te verbeter.

“Pumulani is slegs een van die talle vasbeslote mense wat ons teëkom.”

  • Besoek die organisasie se webblad by tshepo.org.za vir meer inligting oor hul doen en late.
Hoe werk dit?

Die geheim is ’n wateroplosbare skoonmaakmiddel en ’n paar lappe wat uit mikrovesel bestaan.

Dié lappe sal nie jou motor se verf afskuur nie.

  • Jy maak ’n lap met die skoonmaakmiddel nat en was die motor;
  • Vee die motor met ’n nat lappie af.;
  • Vee die motor nou met ’n droë lap af.

Bron: Womenonwheels.co.za

Meer oor:  Northcliff  |  Johannesburg  |  Entrepreneur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.