Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Tukkies skep portaal om klein ondernemings te help
Eienaars van klein-, mikro- en mediumgrootte ondernemings kan nou gratis raad ontvang oor hoe om die Covid-19-pandemie te oorleef. Foto: iStock

Die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Entrepreneurskap het ’n portaal geskep waarop klein-, mikro- en mediumgrootte ondernemings (KMMO’s) gratis raad kan kry om hulle te help om die Covid-19-krisis te oorleef.

Meer as 320 beroepslui het hul tyd en spesialisdienste gratis aangebied om sakelui deur die National SMME Support Portal (NSSP) by te staan.

Ondernemings kan die portaal hier besoek: smmeportal.up.ac.za.

Prof. Alex Antonites, lid van die sentrum se dagkomitee, sê hulle het gevoel dis belangrik om tot die pogings by te dra om die land se ekonomie te red.

“Ons glo KMMO’s, ’n sektor wat reeds in die nood is, sal baie hoë mislukkingskoerse op kort en mediumtermyn beleef weens die impak van Covid-19. Ons ekonomie kan nie nog mislukking bekostig nie aangesien ’n groot deel van ons bruto binnelandse produk deur die KMMO-sektor aangedryf word – om nie eens van sy rol in werkskepping te praat nie,” sê hy.

“Ons beskou dit as gepas dat die Sentrum vir Entrepreneurskap die kennis en kundigheid wat hy het daaraan toewy om KMMO’s te help herstel van die skade wat die pandemie veroorsaak het.”

Onder die dienste wat op die portaal aangebied word, is:

  • sielkundige berading;
  • mensehulpbronne;
  • digitale bemarking en kommunikasie;
  • tegnologiese bystand om ’n aanlyn teenwoordigheid te skep;
  • strestoetse om risikogebiede te identifiseer; en
  • omkeerstrategieë

Kleinsake kry ook toegang tot gratis programmatuur, gratis e-boeke en artikels, sakeplanne en toepassings wat hul onderneming kan help.

Antonites sê hulle hoop dat die portaal ook sal dien as ’n plek waar finansierders van KMMO’s sal kom soek na belowende beleggings.

KMMO’s moet registreer vir toegang tot die gratis dienste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.