Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Vroue kry ’n sake-hupstoot met dié lenings
Die IDC lê graag klem op sy rol om vroue en jong mense te bemagtig.

In die boekjaar tot einde Maart 2018 het die Industrial Development Corporation (IDC) lenings van R2,2 miljard goedgekeur vir ondernemings waarvan vroue meer as 25% besit.

Dit sluit ’n bedrag van R100 miljoen in vir ’n vroue-bemagtigingsmaatskappy in die konstruksiesektor wat na verwagting 5 298 werkgeleenthede sal skep.

Kontak die IDC só
  • Bel die IDC by die nommer 0860 693 888.
  • Stuur ’n e-pos na callcentre@idc.co.za.
  • Besoek die webblad www.idc.co.za.
  • Belangstellendes kan ook by die IDC se hoofkantoor by Fredmanrylaan 19 in Sandton (of enige van hul streekkantore) aanklop.

In die voorwoord van die IDC se 2018- geïntegreerde verslag sê Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, die IDC het in die afgelope drie jaar sterk gefokus op finansiering vir swart nyweraars (2018: R7,9 miljard), jeug (2018: R963 miljoen) en ondernemings waar vroue bemagtig is (2018: R2,2 miljard).

Die minister het bepaalde teikens gestel vir die vyfjaartydperk tot 2020, maar al is daar nog twee jaar oor voor dié spertyd, het die IDC reeds die teiken bereik wat gestel is vir hulp aan vroue-entrepreneurs.

Luidens die verslag is R6,6 miljard se finansiering in die laaste drie jaar goedgekeur teenoor ’n teiken van R4,5 miljard.

Geoffrey Qhena, uitvoerende hoof van die IDC, skryf in die verslag die getal lenings wat goedgekeur is aan ondernemings waar vroue minstens 25% eienaarskap het, het met 15% gestyg teenoor ’n jaar gelede.

Die waarde van die lenings het gedaal omdat dit aan kleiner projekte gegaan het.

Onder die finansiering vir vroue-entrepreneurs wat in die 2018-boekjaar goedgekeur is, tel:

  • R46 miljoen in die landbou- en -verwerkingsektor;
  • R199 miljoen in die chemiese en farmaseutiese sektor;
  • R462 miljoen aan nywerheidsinfrastruktuur;
  • R34 miljoen in die media- en rolprentsektor; en
  • R34 miljoen in die tekstiel- en klerebedryf.

Dié artikel is deur die IDC geborg.

Die IDC fokus op groter ondernemings, nie soseer kleinsake nie.
Meer oor:  Idc  |  Nok  |  Ebrahim Patel  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.