Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Vrystaters, kom ons word ons eie baas!
Johan Eksteen was in 2014 die wenner in die kategorie klein ondernemings en in 2016 die algehele wenner van Sanlam en Business Partners se Entrepreneur van die Jaar-wedstyrd.

Niemand kan meer uit skool of universiteit in ’n werk instap en daar bly tot aftrede nie. En buitendien, wil jy regtig 40 jaar lank vir ’n baas werk?

Johan Eksteen, stigter van die onderneming Agricon Pelleting en die 2016-wenner van Sanlam en Business Partners se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, gesels met Vida Booysen, Netwerk24 se sakeverslaggewer in Bloemfontein, oor die lesse wat hy geleer het.

Die gesprek sluit ’n magdom wenke vir voornemende entrepreneurs in.

Die gesprek is gratis en vind plaas in die Netwerk24-feeskafee op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

  • Onder die vrae wat ons beantwoord, is:
  • Watter eienskappe sal jou help slaag?
  • Wat is die foute wat jy moet vermy?
  • Hoe weet jy of jou produk gaan verkoop?
  • Waar kry jy finansiering?

Nog baie ander vrae sal ook bespreek word. Intekenare van Netwerk24 kry boonop ’n omvattende artikel met al die raad op ’n geheueskyfie – al die raad nie net oor entrepreneurskap nie, maar ook oor die onderwerpe wat ons op ander voorleggings op die fees bespreek het. Dit sluit in die vorige dae se sessies, “Die A tot Z van koop om te verhuur” en “Aftrede: Wat jy kan doen as die kalf in die put is”.

Kom gesels saam – ons hoor graag vandag van mense wat self al lesse oor entrepreneurskap geleer het.

O, en daar is ’n glasie wyn op die huis vir intekenare!

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.