Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Wees versigtig oor watter boodskap jy nóú hoor
Quinton Douman van 2one2 Business Consulting.

Is jou onderneming gewortel in die beloftes van môre, maar word vasgepen deur die uitdagings van vandag?

As dit jou aandag getrek het, het dit jou belangstelling en dan dikwels ook jou ondersteuning.

Op die oomblik word Suid-Afrikaners oorval deur negatiewe boodskappe van verskeie bronne en platforms, gedrukte en sosiale media.

Woede, onsekerheid en vrees is die oorsaak van nog meer woede, onsekerheid en vrees.

Hierdie drie emosies is giftig vir sukses op enige vlak en kan al die harde werk wat jy in jou professionele of private lewe belê het, vernietig.

Dit veroorsaak dat jy verdedigende besluite neem in plaas van goed deurdagte besluite, wat lei tot ’n negatiewe houding wat maklik deur werknemers, kollegas en selfs familielede gesien kan word.

As jy egter besluit om eerder te luister na stemme en boodskappe wat hoop en vertroue weergee, dan sal jou algemene houding dit ook reflekteer. Dit sal jou ’n goeie perspektief en emosionele vryheid gee vanwaar jy goeie besluite kan neem en jou in ’n persoon verander wat ander mense nader vir inspirasie en ondersteuning.

Jy mag dalk vra: “Maar Quinton, hoe kan ek hoop en vertroue hê in ons land en ekonomie in tye soos dié?”

My antwoord is: Hoe kan jy dit nie hê nie?

Dit is in tye soos dié dat ’n oormaat hoop, liefde en selfvertroue van kardinale belang is.

Maar dit is ook in tye soos dié dat ons baie kieskeurig moet wees oor die stemme waaraan ons onsself blootstel om seker te maak ons word nie beïnvloed deur mense wat nie dieselfde siening as ons huldig nie.

Ons moet ook nie in die versoeking kom om sulke sienings te herhaal en só te versterk nie.

Begin deur ’n strategie van geen kompromis wat betref jou gebruik van inligting.

Kyk weer na jou sterkpunte en jou talente, die dinge waarmee jy regtig goed is.

Moenie alles in jou nuusvoer lees nie en jy moet baie kieskeurig wees waarna jy luister en waaraan jy jou tyd bestee.

Kry jou hoeksteen; gaan terug na die fondasies van jou onderneming, die rede hoekom jy dit in die eerste plek begin het.

Kyk weer na jou sterkpunte en jou talente, die dinge waarmee jy regtig goed is. En as waarmee jy goed is steeds die krag het om probleme in jou gemeenskap of onderneming te kan oplos, gebruik dit as jou hoeksteen.

Blaas nuwe lewe in die beginsels waarop jou onderneming berus.

Walt Disney het met alles in hom geglo dat ’n mens jou siening op die wêreld kan toepas. Hy het geglo dat enigiets moontlik is en sy geloof daarin was sy grootste beginsel. Dit het as ’n wonderlike hoeksteen gedien vir al die besluite wat hy moes neem.

Stiller tye en laer inkomste is iets wat vir die meeste ondernemings voorlê, so beplan daarvoor. Gebruik dié tyd goed deur in jouself te belê as leier, leer en studeer meer en moedig ander mense aan om dit ook te doen.

Gebruik die tyd om jou span te versterk. Raak betrokke by aktiwiteite wat julle as span sal saamsnoer om die algemene doelwit van die onderneming na te streef.

Wanneer die seisoen verander en sake weer op dreef kom, sal jy reg wees om aan te gaan, beter toegerus wees en in die perfekte posisie wees om ’n sukses van jou onderneming te maak.

Daar gaan baie aan in Mzansi op die oomblik. Ons geldeenheid is swak, rassisme is orals en met toenemende nuusbronne wat die gevoel van woede kan aanmoedig net om ’n wins daaruit te maak, is dit baie nodig om aan jou goeie beginsels vas te hou.

Ons sal ook deur hierdie storm kom én sukses behaal.

Quinton Douman is die besturende direkteur van 2one2 Business Consulting

Meer oor:  Leierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.