Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Entrepreneurs
Woolies ontken hy het weer rede om te bloos

Die Woolworths-groep ontken hy het al weer ’n produkidee by ’n entrepreneur gegaps – dié keer lattes wat van beet, borrie en groentee gemaak word.

Michelle Legge, wat Superlatte begin het, met haar drie produkte. Die foto verskyn op haar webjoernaal oor die ooreenkomste tussen haar produkte en dié van Woolworths.

Netwerk24 het Maandagoggend berig oor ’n webjoernaal van die stigter en eienaar van die handelsnaam Superlatte, Michelle Legge, oor Woolworths wat dieselfde produkte op die spyskaarte in sy eetplekke het as wat sy onder die naam Superlattes verkoop.

Lees ook: Woolies moet (beetrooi) bloos oor nog ’n ‘gaps’

Woolworths het by navraag gesê: “Ons ontken kategories die bewerings dat ons hierdie produk nageboots het.”

Volgens die winkelgroep het hy “al in 2016 kennis geneem van die internasionale neiging van supervoedsel-lattes, wat ook as reënboog-, super- of eenhoring-lattes bekend staan.

“Ons het na hierdie supervoedseldrankies as Super Lattes op ons spyskaart verwys. Dit is gegrond op navorsing oor hoe dit wêreldwyd verkoop word en omdat die term super-latte beskrywend is van lattes wat bestanddele bevat wat in die algemeen na verwys word as supervoedsel.”

Volgens Woolworths vervaardig sy verskaffer al van 2005 af poeier- en rooibosgebaseerde drankies. Dié verskaffer is egter nie geïdentifiseer nie.

Volgens Woolworths is die produk van die verskaffer in Mei 2017 in sy eetplekke bekend gestel nadat begin is met die kommersiële produksie daarvan. Toetse van die borrie-, beet- en matcha-produkte het in April 2017 plaasgevind.

Legge het in haar webjoernaal gesê haar onderneming is in bedryf sedert sy dit in Junie 2016 by ’n markstalletjie in Kaapstad bekend gestel het.

Sy het Junie 2017 uitgevind van Woolworths se spyskaarte.

Volgens Woolworths het Superlatte nog nie met die winkelgroep kontak gemaak nie.

“Ons het eers van hul produkte en kommer uitgevind deur die webjoernaal wat in Februarie gepubliseer is.”

Woolworths het in die kort verklaring weer gesê hy is “diep verbind” tot klein ondernemings in die land.

Die jongste ontsteltenis van ’n jong entrepreneur volg kort op die skandaal waarin Woolworths gewikkel was toe hy erken het die ooreenkomste tussen ’n baba-drasak van Ubuntu Baba en sy eie baba-drasakke is opvallend en hy sy produk van die rakke verwyder het.

Na dié skandaal het nog twee ondernemings beweer Woolworths boots hul produkte na, maar dis ook ontken.

Woolworths was ’n paar jaar gelede ook in omstredenheid gedompel toe ’n kussing met ’n suikerbekkie-motief ooreengestem het met ontwerpe wat ’n entrepreneur aan hulle voorgelê het.

Meer oor:  Woolworths  |  Maatskappye  |  Kleinhandelaar  |  Entrepreneurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.