Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
SA huishoudings word al hoe armer
Suid-Afrikaners se spaarvarkie is besig om al hoe maerder te word. Foto: iStock

Suid-Afrikaanse huishoudings is besig om te verarm en sal moet voortgaan met die proses om hul lewenstyl af te skaal.

Hulle sal boonop ook hul toekomstige leefstyl-verwagtinge moet afskaal en hul spaar- en aftreeteikens moet hersien.

Dít is die waarskuwing van Johann van Tonder van Momentum, asook prof. Bernadene de Clercq en Jacolize Meiring van Unisa in Momentum en Unisa se Welvaartsverslag.

Volgens die verslag vir die derde kwartaal van 2015, wat Maandag uitgereik is, het huishoudings in dié kwartaal 7,4% armer geword as in die tweede kwartaal van 2015. Huishoudings se totale netto welvaart het in die kwartaal met R122,8 miljard tot R6 296 miljard gedaal.

Die daling was só groot dat alle groei in huishoudings se welvaart vir die jaar (tot die derde kwartaal) uitgewis is – huishoudings se bates is R29 miljard of 0,5% minder werd as in die derde kwartaal van 2014.

Huishoudings se welvaart het reeds in die tweede kwartaal begin daal, met 5,1%, maar die snelheid waarmee dit daal, het begin toeneem.

Huishoudings verarm hoofsaaklik omdat hul finansiële bates – soos pensioengeld en beleggings – in reële waarde (wat inflasie in berekening bring) minder geword het. Dit is deels omdat die JSE swak gevaar het en deels omdat mense minder geld in hul aftreeplanne en annuïteite gespaar het). Daarby het huispryse nie veel gestyg nie.

Suid-Afrikaanse huishoudings se netto welvaart is nou 345,3% van hul besteebare inkomste. Dit is laag gemeet aan ontwikkelde lande, waar dit tussen 600% en 700% is – ’n vlak wat as “finansieel gesond” beskou word.

“Een van die redes vir die betreklik swak situasie in Suid-Afrika is die ongelyke verspreiding van inkomste, wat dit vir die meerderheid huishoudings moeilik maak om welvaart te versamel,” volgens die navorsers.

Benewens die feit dat huishoudings se bates in waarde verminder het, het hul laste (skuld) ook toegeneem, met R2,7% tot R1 866 miljard. Momentum en Unisa wys egter daarop dat die skuld baie stadiger toeneem as byvoorbeeld die 8% in die tweede kwartaal.

Dit word toegeskryf aan die styging in die rentekoers (in Julie en November) met altesame 0,5 persentasiepunt en begrotings wat reeds gerek moet word. Jaar op jaar het huishoudings se laste met 5,8% gestyg.

Volgens die verslag bestee kredietaktiewe Suid-Afrikaners gemiddeld 25% van hul inkomste om skuld af te betaal.

Meer oor:  Unisa  |  Momentum  |  Welvaart  |  Bates  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.