Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Skuld: Dié kliënte kry outomaties betaalvakansie

Standard Bank het nog verligting aangekondig vir kliënte wat weens die staat van inperking finansieel sukkel.

standard bank
'n Kliënt verlaat 'n tak van Standard Bank in Rosebank, Johannesburg. Foto: Getty Images

Mense wat R7 500 per maand of minder verdien, kwalifiseer outomaties vir ’n betalingsvakansie van drie maande op al hul skuld, insluitend hul huisverband, motorfinansiering, kredietkaart en persoonlike lenings. Dit word slegs toegestaan aan kliënte wat nie op die oomblik agterstallig is met hul terugbetalings nie.

Die rente en bankkoste wat in die drie maande oploop, sal oor die termyn van hul lening verdeel word.

Standard Bank het verlede week aangekondig klein ondernemings met ’n omset van minder as R20 miljoen per jaar en heeltydse studente kan aansoek doen om drie maande verligting op die terugbetaling van lenings.

Banke bly oop

Banke en kitsbanke is tot noodsaaklike dienste verklaar en bly gedurende die staat van inperking oop, hoewel banke die getal takke wat oop is, verminder.

Die drie maande lange betalingsvakansie begin op 1 April. Dit word outomaties gedoen, maar mense wat wil aanhou om hul skuld af te betaal kan dit doen.

Diegene wat meer as R7 500 verdien, kan ook om skuldverligting aansoek doen. Hulle moet die bank e-pos by debtcarecentre@standardbank.co.za of hul tak bel.

African Bank

Basani Maluleke, uitvoerende hoof van African Bank, het Vrydag gesê hulle tree in verbinding met kliënte wat dalk vir ’n betalingsvakansie kwalifiseer. Ander kliënte wat finansiële probleme het, word aangemoedig om met die bank in verbinding te tree. Elke geval sal afsonderlik oorweeg word.

Ander banke

FNB en Nedbank het ook die afgelope week skuldverligting vir kliënte aangekondig.

LEES OOK:

Kitsbanke

Banke het verlede week aangekondig dat mense voortaan geld by enige kitsbank kan trek sonder om Saswitch-gelde te betaal. Hulle sal dus slegs betaal wat hulle sou as hulle geld by hul eie bank onttrek het.

Die tekort aan kontant by sommige kitsbanke was tydelik weens paniek-onttrekkings voor die staat van inperking, het die land se groot banke verseker.

LEES OOK:


Meer oor:  African Bank  |  Standard Bank  |  Bankbedryf  |  Covid-19  |  Krediet  |  Koronavirus  |  Skuld  |  Kitsbanke  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.