Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Swak diens: Mans kla meer

Gautengers kla die meeste en mans meer as vroue.

Dít is volgens data van die Nasionale Verbruikerskommissie se verslag vir die derde kwartaal van 2019-’20.

Luidens die verslag het die kommissie 651 klagtes ontvang waarvan 340 deur mans ingedien is, 269 deur vroue en die res deur organisasies en maatskappye.

MabuzaThezi , waarnemende kommissaris van die Verbruikerskommissie, sê omdat vroue minder geneig is as mans om ’n klagte by die kommissie in te dien, moet meer bewusmakingsveldtogte vir vroue­verbruikers van stapel gestuur word.

grafika

“Daar moet ook meer navorsing oor verbruikersgedrag gedoen word oor watter faktore vroueverbruikers daarvan weerhou om te kla.”

Luidens die verslag het verbruikers die meeste oor motors gekla, waaroor 245 klagtes ontvang is, selfoondienste (140) en telekommunikasie (114). Ander klagtes was oor onderwys (8), medies (2), promosies en bedrog (9), eiendom (10), kleinhandel (48), tyddeel (18) en toerisme en reis (6).

Die ouderdomsgroep wat die meeste klagtes ingedien het, is die jaargroep 35 tot 44 (190), 45 tot 59 jaar (189) 15 tot 34 (149) en 60+ met die minste, 78.

45 klagtes is deur organisasies en maatskappye ingedien. Meer as die helfte van die klagtes, 342, wat 53% van die klagtes is, kom uit Gauteng. Uit die Wes-Kaap was daar 109, KwaZulu-Natal 78, die Oos-Kaap 32, Mpumalanga 25, Noordwes 25, die Vrystaat 17, Limpopo 16 en die Noord-Kaap slegs ses, wat 1% van die totale klagtes is.

Mabuza sê ’n rede hoekom Gauteng se syfers so hoog is, kan dalk daaraan toegeskryf word dat die kommissie se kantore in dié provinsie gesetel is.

“Meer veldtogte moet in die provinsies met laer syfers begin word om verbruikers oor hul regte in te lig.”

Meer oor:  Nasionale Verbruikerskommissie  |  Kla  |  Mans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.