Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Goeie soesji se dae getel, sê topsjef
Kiyoshi Kimura, eienaar van die Japanse soesji-restaurantgroep Sushi Zanmai, sny die blouvin-tuna van 180 kg wat hy op die eerste veiling van die nuwe jaar gekoop het. Dié tuna is vir 4,5 miljoen jen (sowat R439 409) gekoop. Fo

Jiro Ono (89), wat as die wêreld se beste soesji-sjef gereken word, het slegte nuus vir liefhebbers van rou vis. Hy glo die lekkerny se beste dae is getel. “Die toekoms lyk sleg,” sê hy.

Ono is die eienaar van Su­kiyabashi Jiro, ’n 3-ster-Michelin-restaurant in Tokio. Die dokumentêre prent Jiro Dreams of Sushi is in 2011 oor die restaurant gemaak.

“Ek kan nou al nie die bestanddele kry wat ek werklik wil hê nie. Ek is baie negatief oor die toekoms. Dit raak al hoe moeiliker om vis van ordentlike gehalte te kry,” sê hy volgens Bloomberg.

Die rede hiervoor is oorbevissing, veral van die bedreigde blouvin-tuna wat in soesji gebruik word. In sekere dele van die wêreld is meer as 96% van dié visbron uitgewis.

Gister het die eienaar van ’n Japanse restaurantgroep amper ’n half miljoen rand vir een blouvin-tuna betaal.

The Guardian het berig Ki­yoshi Kimura was verras dat dit so goedkoop was. Twee jaar gelede het hy die meeste nog vir ’n effens groter blouvin-tuna betaal.

Kimura se bereidwilligheid om soveel vir een vis te betaal, toon die obsessie in Japan met blouvin-tuna – ’n obsessie wat daartoe kan lei dat dié vis kommersieel uitsterf.

Japanners eet sowat 80% van die blouvin-tuna wat gevang word. Stygende vraag in China en ander dele van Asië bedreig ook die spesie.

Die bedreiging van oorbevissing het einde verlede jaar groot nuus gemaak toe die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) die Pasifiese blouvin se bewaringstatus tot bedreigde spesie verhoog het.

Die IUCN beraam dat die blouvin-bevolking die afgelope 22 jaar met tussen 19% en 33% verminder het.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.