Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
15% in SA wil WhatsApp kanselleer

Dit blyk 15% van Suid-Afrikaners gaan hul WhatsApp-rekening kanselleer.

kuberveiligheid
Navorsing dui daarop dat Afrika meer van kuberveiligheid bewus raak. Foto: KnowBe4

Dit blyk uit navorsing deur KnowBe4, die wêreld se grootste platform vir opleiding oor kuberveiligheid.

Dit is natuurlik as gevolg van die voorgestelde verandering in WhatsApp se privaatheidsbeleid, wat op 15 Mei in werking tree.

KnowBe4 het bevind 62% van die respondente in Afrika is baie bekommerd oor die nuwe beleid, maar die studie dui wel daarop dat Afrika se mobiele gebruikers ondanks die privaatheidskwessies voortgaan om WhatsApp te gebruik.

Hulle het gevind dat 62% van die respondente baie bekommerd is oor die nuwe WhatsApp-privaatheidsbeleid.

Daar is ook gevind dat minder as een uit vier ondernemings ’n duidelike beleid het oor die gebruik van WhatsApp om sensitiewe inligting te deel en 24% van die respondente het gesê hulle mag nie meer WhatsApp vir werk gebruik nie.

Anna Collard van KnowBe4 het gesê as data- en privaatheidspesialis is sy veral bekommerd oor die hoeveelheid data wat van gebruikers geoes word en dan gebruik word om geld te maak.

Ek dink die 'vat-dit-of-los-dit-benadering' het gebruikers egter vreemd laat voel.
Anna Collard van KnowBe4

“Wat mense moet verstaan, is dat as hulle ’n rekening open vir ’n 'gratis' produk, sal jy heel waarskynlik met jou private inligting daarvoor betaal.”

Sy sê ook as jy bekommerd is oor jou privaatheid op WhatsApp, moet jy al die Facebook-produkte ook verlaat.

Collard sê WhatsApp se benadering van "aanvaar dit of nie" tot sy nuwe beleid is wat onder die meeste mense ’n bohaai veroorsaak het.

“Om eerlik te wees, WhatsApp was nogal baie deursigtig oor die komende veranderinge in sy privaatheidsbeleid en niks was ’n groot verrassing nie, aangesien hy besit word deur Facebook.

"Ek dink die 'vat-dit-of-los-dit-benadering' het gebruikers egter vreemd laat voel."

Sy noem dat daar ook net te veel disinformasie oor die privaatheidsbeleid was.

“Hoewel privaatheid baie belangrik is, sal Facebook nie dinge soos jou adreslys kan deel en die inhoud van jou boodskappe lees nie.”

Die navorsing dui ook daarop dat 80% van gebruikers nou Facebook Messenger gebruik as ’n alternatiewe kletsapp, met Telegram in die tweede plek (56%) en Signal (12%) derde.

Die 2021 KnowBe4 Mobile-gebruikerstudie het gebruikers in Afrikalande soos Nigerië, Mauritius, Egipte, Suid-Afrika, Kenia, Ghana, Marokko en Botswana ondervra om die reaksie op die veranderinge in WhatsApp te bepaal.

Daar is ook in vergelyking met KnowBe4 se kuberveiligheidsnavorsingsverslae van 2019, 2020 en 2021 ’n toename in die bewustheid van kuberveiligheidsrisiko’s.

In hierdie verslae het bewustheid en kommer oor kubermisdaad van 38% in 2019 tot 48% in 2020 en tot 64% in 2021 toegeneem.

Die opname het 772 mobiele gebruikers ouer as 18 jaar ondervra, van wie meer as 99% slimfone gebruik. Byna 60% was mans en net meer as 40% was vroue.

Meer oor:  Whatsapp  |  Telegram  |  Facebook  |  Signal  |  Kuberveiligheid  |  Kletsapps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.