Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
1,7 m. Nedbank-kliënte se inligting blootgestel
Kliënte doen transaksies by kitsbanke van Nedbank. Foto: Getty Images

Ongeveer 1,7 miljoen Nedbank-kliënte se persoonlike inligting was in gevaar van blootstelling weens ’n probleem met sekuriteit by ’n derdeparty-diensteverskaffer van die bank.

Nedbank het Donderdag in ’n verklaring bevestig hy het die probleem by Computer Facilities tydens ’n “roetine ondersoek” bespeur, en dat geen kliënt se data sover bekend is in die verkeerde hande beland het nie.

Computer Facilities hanteer die uitstuur van bemarkingsmateriaal namens Nedbank.

Van die besonderhede wat hy van Nedbank-kliënte gestoor het, sluit in name, ID-nommers, selfoonnommers, e-posadresse en posadresse.

Nedbank het “proaktief” besluit om al die data van sy kliënte in Computer Facilities se besit, uit te vee.

’n Forensiese ondersoek na die probleem met Computer Facilities se sekuriteit is ook van stapel gestuur.

Dié maatskappy se stelsels is ook intussen van die internet ontkoppel om te verseker dat kuberkrakers nie toegang tot die inligting kan kry nie.

Nedbank en Computer Facilities se stelsels was nie regstreeks met mekaar verbind nie.

Die maatskappy het ook nie toegang gehad tot Nedbank-kliënte se bank- of kredietkaartbesonderhede nie.

Nedbank het aangedui hy gaan ook regstreeks met die sowat 1,7 miljoen geraakte kliënte kommunikeer.

Die bank het nie gesê of hy in die toekoms steeds van Computer Facilities se dienste gebruik gaan maak nie.

Meer oor:  Nedbank  |  Bank  |  Data  |  Bankbedryf  |  Persoonlike Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.