Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
2 nuwe sportkanale op DStv
ESPN word as die “tuiste” van Amerikaanse sport op DStv beskou.

ESPN word weer by DStv se aanbod van sportkanale gevoeg, het die betaaltelevisiediens Maandag gesê.

Trouens, twee ESPN-kanale sal vanaf 29 Julie aan kykers beskikbaar wees.

ESPN sowel as ESPN 2, wat hoofsaaklik aan die Walt Disney Company behoort, sal ’n verskeidenheid van Amerikaanse sportsoorte uitsaai.

DStv het nog nie aangedui op watter van sy pakkette die kanale beskikbaar gaan wees nie en het ook nog nie Netwerk24 se navraag hieroor beantwoord nie.

Verreweg die meeste van DStv se sowat 16 sportkanale is wel net op sy duurste Premium-pakket beskikbaar.

ESPN en ESPN Classic is sewe jaar gelede van DStv se aanbod kanale deur die hele Afrika verwyder nadat die Walt Disney Company besluit het dit maak nie meer ekonomies sin om die kanale hier te bedryf nie.

’n Nuwe ooreenkoms tussen MultiChoice en die Walt Disney Company in Afrika is wel nou bereik.

Die nuwe bykomende kanaal staan ook nou as ESPN 2 en nie meer ESPN Classic bekend nie.

Albei kanale sal 24 uur per dag Amerikaanse sport uitsaai, sowel as regstreekse sokkerwedstryde van onder meer die English Football League, Scottish Premier League en die Major League.

Groot Amerikaanse sportbyeenkomste soos Major League-bofbal en Amerikaanse voetbal (NFL) sal ook te sien wees.

“Ons bly verbind daartoe om die beste beskikbare inhoud te vind om ons intekenare nou sowel as in die toekoms te vermaak,” sê Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice, wat DStv besit.

Afgesien van regstreekse sportgebeure sal die twee nuwe kanale ook ’n verskeidenheid van flieks, reekse, nuus- en dokumentêre programme uitsaai.

Die American Broadcasting Company (ABC) besit ’n belang van 80% in ESPN en is op sy beurt ’n volfiliaal van die Walt Disney Company.

Die ander 20% van ESPN behoort aan die Amerikaanse kommunikasiemaatskappy Hearst.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Espn  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.