Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
200 miljoen se CV’s op internet ontbloot
200 miljoen mense in China se CV’s het op die internet beland. Foto: Unsplash

Altesaam 200 miljoen Chinese burgers se CV’s het op die internet beland nadat dit vermoedelik van ’n aantal aanlyn advertensieborde vir werksgeleenthede gesteel is.

Die sekuriteitsfirma HackenProof skryf in sy korporatiewe blog dat die CV’s baie gedetailleerde besonderhede bevat, insluitend die betrokke persone se name, telefoonnommers, e-posadresse en opvoedkundige agtergrond en vorige werkgewers.

Bob Diachenko, hoof van navorsing by HackenProof, sê daar is aanvanklik vermoed dat die CV’s van die webwerf BJ.58.com se stelsels gesteel is.

Dié webwerf is soortgelyk aan Gumtree en adverteer ook werksgeleenthede. In ’n verklaring ontken BJ.58.com egter dat sy stelsels deur kuberkrakers binnegedring is.

“Ons het ons databasis deursoek en dit is duidelik dat die lekkasie nie van ons afkomstig is nie,” het die webwerf aan die BBC gesê.

“Dit lyk of die data deur ’n derde party bekom is vanaf verskeie webwerwe,” lui die verklaring verder.

Die data is van Amazon se webbedieners gewis nadat dit ontdek is, het Diachenko gesê.

In Desember is 100 miljoen gebruikers van die vraag-en-antwoord-webwerf Quora se inligting ook deur kuberkrakers gesteel. Boewe het die webwerf se stelsels binnegedring en gebruikers se name, e-posadresse en ’n gekodeerde weergawe van hul wagwoorde gesteel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.