Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
3de keer toe nié (ruimte)skeepsreg vir Starship
Elon Musk

Die derde keer was toe nie skeepsreg vir ’n prototipe van Elon Musk se SpaceX-ruimtetuig nie.

Die derde Starship-prototipe, SN10, het Donderdag, enkele minute ná sy eerste suksesvolle landing, ontplof.

Die vuurpyl het in Texas opgestyg en amper 10 km in die lug opgevlieg waarna dit laer oor die Meksikaanse golf gevlieg en regop gedraai het om te land.

Anders as die vorige twee vuurpyle wat ontplof en neergestort het, was die prototipe van Musk se Mars-vuurpyl steeds in een stuk toe dit land.

John Insprucker, ’n ingenieur wat kommentaar gelewer het oor die lansering, was so opgewonde hy het gemeen dis derde keer skeepsreg, soos die gesegde lui. Die vuurpyl het egter net ná die landing ontplof en in die lug opgeskiet voordat dit die grond in vlamme getref het.

Dit is onduidelik wat tot die ontploffing aanleiding gegee het en die regstreekse uitsending is gestaak, berig CNN.

Insprucker het in die uitsending gesê SpaceX het verskeie ander prototipes wat reeds vervaardig word en die volgende een sal in die “nabye toekoms” vir ’n toetsvlug gereed wees.

SN10 is die derde Starship-prototipe wat ontplof ná die vorige modelle – die SN8 in Desember verlede jaar en SN9 in Februarie.

Die vuurpyl word deur SpaceX ontwikkel om mense en goedere in die toekoms na die maan en Mars te neem.

Die miljardêr Musk, stigter van SpaceX en hoof van die elektroniese motorvervaardiger Tesla, het gemengde gevoelens oor die lansering.

“RIV SN10, eerbare ontslag,” het hy in ’n twiet gereageer nadat ’n bewonderaar hom gelukgewens het, berig Al Jazeera. SkyNews, CNN, Al Jazeera


Meer oor:  Elon Musk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.