Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
40% van die wêreld gebruik nou Facebook
Drie miljard mense gebruik Facebook se apps in ’n maand. Foto: Unsplash

Drie miljard mense het in Maart van Facebook se dienste gebruik gemaak, het die maatskappy in sy jongste resultate aangekondig.

Dit sluit in gebruikers van al sy apps en dienste, insluitende Facebook self, Messenger, Instagram en WhatsApp.

Dit verteenwoordig sowat 40% van die wêreld se bevolking wat op 7,8 miljard gereken word.

Facebook se aantal maandelikse gebruikers oor al sy apps is 11% hoër as die ooreenstemmemde tydperk in 2019.

Die getal daaglikse gebruikers van sy apps is ook 12% hoër op 2,36 miljard.

Tog het die maatskappy se totale inkomste met die kleinste marge tot nog toe toegeneem, net 18%.

Dit is hoofsaaklik weens ’n verlangsaming in advertensie-inkomste in Maart weens die Covid-19-pandemie, sê die maatskappy in ’n verklaring.

Sy inkomste uit die verkoop van advertensies het ook nog nie vir April herstel nie, sê Facebook.

Miljoene mense oor die wêreld heen is die afgelope paar maande in ’n staat van inperking weens die verspreiding van die koronavirus. Met soveel ondernemings wat noodgedwonge hul deure moes sluit, is daar nie geld aan advertensies op Facebook bestee nie.

Ontleders het egter verwag dat Facebook se inkomste vir die drie maande tot einde Maart net 16% hoër sou wees vergelyke met die ooreenstemmemde tydperk.

Sy inkomste vir die kwartaal is $17,7 miljard waarvan $17,4 uit die verkoop van advertensies is.

Die oorblywende $300 miljoen is van “ander bronne” wat Facebook nie spesifiseer nie.

Facebook het nou meer as 48 000 mense in diens, 28% meer as ’n jaar gelede.

Ná aftrekkings en uitgawes is sy netto inkomste $4,9 miljard, 102% meer as ’n jaar gelede.

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof, waarsku wel dat ’n moeilike paar maande voorlê weens advertensie-inkomste wat waarskynlik weens die pandemie skerp gaan daal.

Meer oor:  Instagam  |  Whatsapp  |  Facebook  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.