Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
700 jaar se kyktyd op ShowMax
ShowMax vier Vrydag sy eerste verjaardag met kykers wat in dié tyd na die ekwivalent van bykans 700 jaar se programme en rolprente gekyk het.

In ShowMax se eerste jaar het kykers saam na die ekwivalent van sowat 700 jaar se TV-programme en rolprente gekyk.

Die intekendiens vier Vrydag sy eerste verjaarsdag ná wat Barron Ernst, hoofprodukbeampte van ShowMax, as ’n waansinnig besige jaar beskryf waarin kykers meer as 10 miljoen keer na programme en flieks gekyk het.

“Ek wil nie spog nie, want ons het nog baie om te doen, maar ek moet erken ons het taamlik baie bereik in die tydperk,” sê hy.

Van die moeiliker digitale take wat voltooi is, sluit in die vermoë om inhoud af te laai, die opstel van datagebruiksperke, die samestelling van ’n kontantbewysstelsel en die instelling van meervoudige gebruikersprofiele.

“Boonop het ons ook sedert die bekendstelling van die diens steun vir AirPlay, Apple TV, Chromecast, die DStv Explora en meer slim-TV’s bygevoeg,” sê Ernest.

Fin24 het voorheen berig oor die skielike styging in videostromingsgebruik nadat dienste soos ShowMax en Netflix bekendgestel is.

Arthur Goldstuck, ’n tegnologie-ontleder, sê: “ShowMax is die grootste platform vir videostroominhoud met ’n baie sterk bemarkingsteenwoordigheid in die land. Die diens word sterk bemark in die land terwyl Netflix geen bemarkingsteenwoordigheid het nie.”

Volgens ShowMax se statistieke kyk mense die meeste na programme tussen 18:00 en 23:00 met die meeste wat teen 20:00 na programme kyk.

Die diens word die meeste op Sondae gebruik.

Ernst sê ’n onlangse peiling wat uit net meer as 1 000 respondente bestaan het, wys internetkoste is die grootste rede hoekom mense nie inteken nie.

“Net 15% het gevind dit is makliker om ’n gewone TV te gebruik. Ietwat verbasend is net 9% sê hulle teken nie in nie, want dit is makliker om die inhoud onwettig van die internet af te laai.”

“Wat minder verrassend is, is die koste en beskikbaarheid van ’n behoorlike internetverbinding die grootste struikelblok, maar ons glo daar is elegante oplossings. Sommige het ons al klaar bekend gestel en aan ander werk ons nog,” sê Ernst.

* ShowMax is deel van Naspers, beheermaatskappy van Media24 en 24.com waarvan Netwerk24 en Fin24 deel vorm.

Meer oor:  Naspers  |  Showmax  |  Rolprente  |  Internet  |  Ikt  |  Maatskappye  |  Netflix  |  Tv  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.