Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Nuwe slimfoon
HTC se M9 bemark as utopie in wording
Die HTC One M8 in sy omhulsel van geborselde aluminium. Die M9, wat in Maart bekend gestel word, gaan glo soortgelyk lyk.

Die Taiwanse slimfoonmaatskappy HTC gaan binnekort ’n vlagskipfoon met ’n beter kamera en video- en oudio-opneemvermoëns bekend stel, asook sy eerste slimhorlosie.

Volgens iemand met binnekennis is die kodenaam van die foon die M9. Agterop die foon sal glo ’n kamera van tot 20 megapieksel wees en die voorste kamera sal die vermoë hê om selfs in baie swak lig goeie foto’s te neem.

Volgens die ingeligte is die ontwerp en grootte van die nuwe foon soortgelyk aan die M8, wat verlede jaar bekend gestel is. Dit het glo ’n agtkern- Snapdragon 805- of 810-verwerker met gevorderde videovermoë, Dolby 5.1-oudiotegnologie en verbeterde liggingsfunksies.

Die slimhorlosie sal met die fiksheidstoepassing Under Armour saamwerk, ’n vennootskap wat vroeër in Januarie aangekondig is.

HTC sal die nuwe produkte uitreik kort voor die Wêreld- Mobiele Kongres wat van 2 tot 5 Maart in Barcelona, Spanje, gehou word. Die maatskappy wou nie kommentaar lewer op die produkte nie, maar het uitnodigings uitgestuur na ’n geleentheid op 1 Maart, berig ​TechRadar

Die uitnodiging verwys na “Utopia in wording” en dit word bespiegel dat dit dalk ook die naam van die nuwe foon gaan wees.

HTC het verlede jaar ’n aksiekamera, die Re, bekend gestel in ’n poging om dalende slimfoonverkope teen te werk.

HTC het wel in die vierde kwartaal van 2014 die eerste kwartaallikse groei sedert 2011 getoon, hoewel die voljaarverkope steeds laer was as in 2013.

- Bloomberg

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.