Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kalahari en Takealot smelt saam

Twee van die grootste e-handelmaatskappye in Suid-Afrika - voormalige mededingers - gaan saamsmelt.

Kalahari.com en Takealot.com het Dinsdag gesê hulle gaan hul bedrywighede saamsmelt en voortaan onder die Takealot-handelsnaam sake doen.

Dié besluit is geneem omdat Suid-Afrikaanse e-handelaars nie sonder skaalvoordele  suksesvol kan meeding met regte winkels of internasionale maatskappye soos Amazon en Alibaba nie, het die maatskappye in ’n gesamentlike verklaring gesê.

“Ná baie jare van verliese by Kalahari en vier jaar by Takealot het ons besef dat ons moet saamwerk indien ons wil oorleef en floreer,” sê Oliver Rippel, senior direkteur verantwoordelik vir Kalahari.

“As jy ook in ag neem daar is ’n ongelyke speelveld teen buitelandse maatskappye wat nie belasting in Suid-Afrika betaal nie en die feit dat hoë koste van breëband die spoed van groei in plaaslike aanlyn inkopiegangers terughou, gee die samesnoering van kragte ons ’n beter kans op sukses.”

Die transaksie is onderhewig aan goedkeuring van die mededingingsowerhede. Die twee ondernemings sal voortgaan om afsonderlik handel te dryf en hul dienste soos gewoonlik aan kliënte bied totdat die goedkeuring ontvang is.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.