Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Aanlyn foefie flous talle bekendes

Verskeie bekendes op Instagram het soos een man vir ’n ou internetgrap geval wat nou weer rondgestuur word.

Moenie vir kettingboodskappe op Instagram val nie. Foto: Unsplash

Volgens die grap, wat in die vorm van ’n lang stuk teks op Instagram rondgestuur word, gaan dié gewilde sosiale netwerk nou begin om gebruikers se foto’s te gebruik sonder hul toestemming.

Dit sluit in foto’s wat hulle uitgewis het sowel as enige private boodskappe.

Die bewerings in die boodskap is onwaar en word reeds sedert 2012 sporadies op Instagram gedeel.

Van die bekendes wat vir die fopnuus geval het, sluit in die sanger Usher, die aktrise Julia Roberts en die regisseur Judd Apatow.

Die akteur Rob Lowe en Rick Perry, Amerikaanse minister van energie, het ook die boodskap op hul eie Instagram gedeel.

Facebook, wat Instagram besit, het in ’n verklaring bevestig die plasing is vals nuus en daar steek geen waarheid daarin nie.

Kortom gaan dit geen verskil maak of jy die boodskap deel nie, want Instagram gaan op dieselfde wyse met jou inhoud omgaan.

Luidens die sosiale netwerk se bepalings en voorwaardes hét hy beperkte regte tot gebruikers se foto’s, maar hulle besit dit nie.

“Ons maak nie aanspraak op eienaarskap van jou inhoud nie, maar jy gun ons die reg om dit te gebruik,” lui die bepalings en voorwaardes.

Sodra jy ’n foto uitvee, verbeur Instagram sy reg om dit te gebruik.

Die enigste geval waar Instagram van jou data met derdepartye sal deel, is ingevolge ’n hofbevel.

Verskeie van die bekendes wat vir die foefie geval het, het intussen die plasing verwyder.

Die vals plasing wat talle bekendes gedeel het. Foto:

Meer oor:  Instagram  |  Julie Roberts  |  Rob Lowe  |  Rick Perry  |  Tegnologie  |  Fopnuus  |  Bekendes  |  Sosiale Media  |  Kopiereg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.