Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Aanlyn inkopies óók deur onrus vertraag

Daar is slegte nuus vir mense wat aanlyn inkopies doen omdat hulle uit vrees vir plunderaars winkels probeer vermy.

Die aflewering van veral klere kan vertraag word weens die onrus. Foto: iStock

Verskeie winkels en e-handelaars waarsku dat aflewering landwyd weens die geweld in die noordelike provinsies vertraag kan word.

Woolworths sê in gebiede wat deur die plundering geraak word, sal daar minder tydgleuwe vir aflewerings of vir die optel van bestellings wees. Bestellings van klere, skoonheidsprodukte en huisware gaan dalk ook vertraag word.

“As jou bestelling vertraag word, sal ons met jou in verbinding tree om te bevestig presies wanneer jy dit kan verwag.”

Die klerekleinhandelaar Zando sê sy pakhuis en verspreidingsentrums is toe weens die geweld. Aflewerings en die afhaal van bestellings word daardeur geraak.

Takealot waarsku ook dat aflewering aan KwaZulu-Natal en Gauteng vertraag kan word. Mense wat geraak word, sal nuwe afleweringsdatums kry.

Loot sê dat daar weens die “landwye burgerlike onrus” onvoorsiene vertragings met aanlyn bestellings kan wees. “Ons sal jou pakkie aflewer sodra dit veilig is.”

MyTFGWorld, die aanlyn winkel van winkels soos Foschini, Sportscene en Totalsports, maan dat ook hul aanlyn bestellings weens die onrus geraak word.

“Alle klante wat geraak word, sal in kennis gestel word sodra hul bestelling aan ons koeriersvennote oorhandig is.”

Makro en Game het albei op hul webwerf aangedui aanlyn bestellings word bemoeilik, maar Checkers en Pick n Pay gee nog geen aanduiding van hoe aflewerings geraak word nie.

Pepkor se nuwe e-winkel, Everyshop, bevat geen waarskuwing oor aflewerings nie en ook nie OneDayOnly nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.