Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Aanlyn inkopies ‘veiliger’, meen e-handelaars

E-handelaars soos OneDayOnly.co.za glo hulle is integraal van belang om die plaaslike ekonomie weer aan die gang te kry en moet daarom toegelaat word om ook nienoodsaaklike items te verkoop.

Laurian Venter, direkteur van OneDayOnly, is krities oor Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, se onlangse uitlatings dat e-handel nie onbeperk kan voortgaan nie, omdat dit “onmededingend” is.

Dis bog, meen Venter.

E-handel bied die veiligste manier vir Suid-Afrikaners om inkopies te doen aangesien dit beweging tussen mense se huise en winkels beperk.

“Geen aspek van hierdie pandemie kan as ‘regverdig’ beskou word nie. Dit is moeilik vir almal.

“Mense gaan wonder waarom word my bedryf nie as noodsaaklik beskou nie terwyl ’n ander bedryf wel noodsaaklik is.”

As e-handelaars soos OneDayOnly of Takealot toegelaat word om ook nienoodsaaklike items te verkoop, sal dit ook kleiner ondernemings ondersteun wat die produkte lewer, verduidelik Venter.

Dié produkte word by verbruikers se voordeur afgelaai en beperk die risiko dat die virus versprei, sê sy.

“Daar moet ’n balans wees tussen mense veilig hou, en die ekonomie aan die gang kry. Daarom dink ek e-handelaars is eerder deel van die oplossing as die probleem.”

Venter meen Suid-Afrikaners moet in hierdie tyd juis aangeraai word om eerder aanlyn te koop omdat dit blootstelling aan die virus tot die minimum beperk.

Veranderinge onder vlak 4-inperking

Volgens Venter verander “bitter min” vir e-handelaars onder die vlak vier-inperking in vergelyking met vlak vyf.

“Die meeste items wat in ons store is, kan steeds nie verkoop word nie.”

Volgens voorlopige aanduidings sal e-handelaars van Vrydag af beddegoed, komberse, tabakprodukte, selfone, rekenaars, winterklere en nog ’n handvol ander items mag verkoop wat onder die vlak vyf-inperking verbode was.

OneDayOnly kon tot dusver kop bo water hou deur sy sakemodel vinnig om te swaai en produkte te verkoop wat hy nie voorheen het nie.

Items soos blikke Ricoffy, Purity en skoonmaakmiddels verkoop nou soos soetkoek, sê Venter.

Die e-handelaar het ook begin om gaskoeldrank, handreiniger en gesigmaskers te verkoop en doen tans flink sake.

Daar is ook ’n groot toename in mense wat nou vir die eerste keer iets aanlyn by OneDayOnly koop.

“Ons sien baie mense wat voorheen ongemaklik was met aanlyn inkopies wat nou wild bestellings plaas,” sê sy.

“Ons hoop hulle sal selfs ná die inperkingstyd aanhou om aanlyn te koop.” Baie mense koop ook nienoodsaaklike items, al kan dit nie nou reeds afgelewer word nie.

Volgens Venter het OneDayOnly in die laaste maand meer trapmeule verkoop “as ooit tevore”.

Wyn is ook in groot aanvraag, “hoewel dit natuurlik nie nou afgelewer kan word nie”.

Ander items wat baie mense nou aanskaf, is huishoudelike items soos beddens, kombuistoebehore en televisies.

Meer oor:  Onedayonly  |  E-Handelaar  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.