Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Aanlyn wiele: Naspers-transaksie in gedrang
WeBuyCars se aanlynplatform.Foto: Skermgreep

Die aanlyn voertuighandelaar Weelee wil sy stem laat hoor in die Mededingingstribunaal se verhoor oor WeBuyCars en AutoTrader se beplande samesmelting.

Weelee, wat net soos WeBuyCars en AutoTrader voertuie aanlyn verkoop, is ongelukkig oor ’n moontlike samesmelting tussen dié twee.

MIH eCommerce, die beheermaatskappy van AutoTrader, wil dié maatskappy met WeBuyCars saamsmelt.

MIH eCommerce word deur Naspers beheer.

Die Mededingingskommissie, wat enige groot samesmeltings oorweeg voordat dit na die Mededingingstribunaal gestuur word vir ’n finale besluit, het reeds in Mei vanjaar gesê hy beveel aan dat die samesmelting verbied word.

Die kommissie sê hy glo dit sal mededinging in dié sektor benadeel.

MIH eCommerce en WeBuyCars staan die kommissie se besluit teen. Die saak dien op 14 Oktober voor die tribunaal.

Dit is juis hier waar Weelee sy stem wil dik maak.

Weelee het aan die begin van Oktober ’n aansoek by die tribunaal ingedien dat hy as deelnemer aan die verrigtinge erken word.

Weelee voer aan hoewel die kommissie hom as getuie geroep het, dit hom nie genoeg insette gee om sy eie belange te beskerm nie.

Die tribunaal het dié aansoek goedgekeur:

  • Weelee het dus nou toegang tot die kommissie se rekords en enige ander dokumente wat deur die onderskeie partye ingedien is;
  • Sy uitvoerende hoof kan getuig; en
  • Hy kan getuies van die partye wat wil saamsmelt, onder kruisverhoor neem.

Van die voorwaardes wat die tribunaal gestel het, is dat Weelee enige vertroulikheidsklousules moet respekteer en dat sy deelname nie die tribunaal se tydskedule nadelig moet beïnvloed nie.

  • Media24 is ’n filiaal van Naspers. Netwerk24 is ’n produk van Media24.
Meer oor:  Weelee  |  Mih Ecommerce  |  Autotrader  |  Webuycars  |  Motorhandelaar  |  Maatskappye  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.