Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Absa-kitsbanke nou meer higiënies

Nanotegnologie kom gereeld voor in Hollywood-flieks, maar Absa span dit nou vir jou veiligheid by sy kitsbanke in.

Benewens die feit dat inperking nou tot vlak 1 verslap is, word daar toenemend gekyk hoe die toekoms vinniger tegemoetgegaan kan word.

Absa
Absa gaan 'n soort nanotegnologie gebruik om sy kitsbanke skoon te hou. Foto: Reuters

Absa het dus sy maatreëls ingestel om sy kitsbanke se higiëne met die innoverende toepassing van nanotegnologie te verbeter.

Ongelukkig is baie Suid-Afrikaners steeds daagliks afhanklik van toegang tot kontant, maar nou kan Absa-kliënte dit op ’n veiliger en meer higiëniese wyse via sy kitsbanke bekom.

“Ons het met die toepassing van die fotokatalitiese nanotegnologie-oplossing op Absa se kitsbanke begin om te verseker dat die higiëne van ons kitsbanke voortdurend verbeter word. Dis ’n eerste in Suid-Afrika,” het Tshiwela Mhlantla, besturende direkteur van fisieke kanale by Absa Retail and Business Bank, gesê.

Die gebruik van dié nanotegnologie sal wêreldklas-netheid en -higiëne van Absa se kitsbanke verseker. Kitsbanke se oppervlakke het gewoonlik baie verkeer en daarom is dit goed om dit skoon te hou.

Die water-gebaseerde fotokatalisator beteken dit word deur ’n ligbron geaktiveer. Sodra dit toegedien is, hou dit vir ’n lang periode en is dit nie nodig om die kitsbanke konstant met gevaarlike chemiese stowwe skoon te maak nie.

“Dit is amper onwaarneembaar en belemmer nie die gebruik van die kitsbanke nie. Dit is heeltemal veilig en word wêreldwyd gebruik as ’n oplossing in bedrywe, insluitend die voedselsektor en hospitale waar menslike interaksie hoog is,” het Mhlantla gesê.

Die bekendstelling van die nanotegnologie vergroot die bestaande gesondheids- en higiëne-regime van Absa, en die bank se uitgebreide belegging in ontsmettingsmiddels, maskers, skerms en ander beskermende en sanitêre oplossings.

Aan die begin van die Covid-19-pandemie het Absa hom daartoe verbind om die gesondheid en veiligheid van sy kliënte en kollegas in sy takke en fasiliteite te prioritiseer. Daarbenewens het Absa met die bekendstelling van plakkate vir sosiale afstand op alle kitsbanke en vloere begin waar dit haalbaar is.

“Ons het voortgegaan om transaksies deur middel van ons volledig digitale selfdienskanale vir veiliger en geriefliker bankopsies te bepleit,” het Mhlantla gesê.

Absa is daartoe verbind om ’n verantwoordelike rol te speel in die stryd teen Covid-19, maar die uiteindelike doelwit kan slegs deur ’n gesamentlike poging behaal word.

“Ons moedig ons kliënte aan om saam met ons die gesondheid van die land te prioritiseer deur hul hande met seep en water te was, handreinigers te gebruik, beskermende gesigmaskers te dra en sosiale protokolle te volg,” het Mhlantla bygevoeg.

Meer oor:  Absa  |  Kitsbanke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.