Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Absa se webtuiste skielik ‘verbode’ vir almal

Absa se webtuiste het Vrydagoggend ophou werk. Besoekers is gegroet met ’n foutboodskap wat aandui die webblad is “verbode”.

Die bank het nog nie aangedui wat fout was met sy webtuiste nie. Dit het na sowat 30 minute weer begin werk. Sy app is wel nie geraak nie.

Op Twitter het verskeie Absa-kliënte omstreeks 11:00 begin kla dat hulle nie op Absa se webtuiste kan aanmeld en banksake afhandel nie.

Die tipe foutboodskap wat Absa se webtuiste Vrydag getoon het, dui normaalweg op ’n fout met die webtuiste se bediener.

’n Sogenaamde “403 Forbidden”-foutboodskap beteken die bediener het nie die nodige toestemming om die inhoud van die blad aan die besoeker te toon nie.

Dit is gewoonlik weens foutiewe verstellings aan die kant van die bediener en dus iets wat Absa sou moes regstel voor sy webtuiste weer behoorlik sal werk.

Die bank het ook nog nie op kliënte se vele twiets en klagtes op Twitter reageer of erken daar was enigsins fout met sy webtuiste nie.

Meer oor:  Absa  |  Bankdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.