Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Afpersing per e-pos: Wat om te doen
Moenie gehoor gee aan afpersers se boodskappe in e-posse nie.Foto: Getty Images

’n Kuberaanval met sogenaamde losprysware (ransomware) het die laaste paar maande die wêreld behoorlik op hol gehad.

Dit verwys na kubermisdadigers wat ’n bedrag geld (gewoonlik in bitcoin) eis om óf ’n aanval op jou rekenaar stop te sit, óf om te keer dat hulle sensitiewe inligting oor jou publiseer.

Hierdie tipe dreigemente word dikwels per e-pos gestuur, of verskyn in ’n boodskap op jou rekenaarskerm.

Oliver Potgieter, hoof- tegniese beampte by Alto Africa, wat kuberveiligheid- en wolkbergingsdienste bied, verduidelik dat hierdie tipe e-posse bykans altyd nie deur jou rekenaar se antivirusprogrammatuur gekeer word of deur jou e-posbediener se rommelpos-mandjie (spam folder) nie.

“Daar is gewoonlik geen gevaartekens in hierdie tipe e-posse nie, soos skadelike sagteware (malware), aanhangsels of skakels nie. Daarom word dit nie deur die gewone prosesse gekeer nie,” sê hy.

Potgieter waarsku dat jy nooit sommer net die inhoud van só ’n afdreigende e-pos moet glo nie. Hy verwys na ’n onlangse e-pos wat wyd versprei is en waarin die skrywer aanvoer hy het die leser se wagwoorde bekom omdat hy geheime sagteware op ’n pornografiese webwerf geïnstalleer het.

Ongelukkig is die teikengroep vir hierdie tipe afpersing groot genoeg sodat baie mense daarvoor val.
Olivier Potgieter

“Ek het toegang tot jou rekenaar gekry en kon sien watter video’s jy kyk,” lui die e-pos. Later dreig die skrywer om die leser se “geheime” uit te lap tensy hy binne ’n dag byvoorbeeld $1 400 in bitcoin na ’n aanlyn adres oorbetaal.

Hy kan ook dreig om ’n kamera-opname wat hy van die leser gemaak het terwyl hy na die pornografie gekyk het, aan sy vriende te stuur.

“Hierdie aanbod is nie onderhandelbaar nie, so moenie jou of my tyd mors deur op dié e-pos te reageer nie,” sluit die afdreiger af.

Potgieter sê hoewel van die feite in die e-pos dalk waar kan wees (soos dat die leser wel na pornografie gekyk het), is dit waarskynlik net ’n gelukkige raaiskoot wat die afperser maak.

“Ongelukkig is die teikengroep vir hierdie tipe afpersing groot genoeg sodat baie mense daarvoor val,” sê hy.

Potgieter se raad oor wat om te doen indien jy so ’n dreigende e-pos ontvang:

  • Moenie op enige skakels of aanhangsels in die e-pos klik nie;
  • As die skelm sê hy het jou wagwoord(e) bekom, tref voorsorg en verander dit;
  • Moenie dieselfde wagwoord op verskillende webwerwe gebruik nie;
  • Maak gebruik van tweeledige verifikasie, waar beskikbaar, vir jou aanlyn rekeninge;
  • Moenie op die e-pos reageer nie; en
  • Moenie die geëiste bedrag betaal nie.
Meer oor:  Alto Africa  |  E-Pos  |  Kuberkrakers  |  Misdaad  |  Afpersing  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.